“Vestiging van Jesus Christus se Kerk,” Vriend, Maart 2021
Maandelikse Vriend-boodskap, Maart 2021
Vestiging van Jesus Christus se Kerk
Op 6 April 1830 is ʼn spesiale vergadering in ʼn houthuis gehou. Joseph Smith het Jesus Christus se Kerk weer op aarde gevestig.
Joseph Smith en Oliver Cowdery het die nagmaal geseën en bedien.
Toe die vergadering klaar was, is verskeie mense gedoop.
ʼn Paar maande later het God vir Emma Smith geroep om ʼn gesangeboek vir die Kerk saam te stel. Op daardie manier kon mense liedere sing tydens Kerkvergaderings.
Ek behoort aan Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. Ek kan liedere sing en elke week die nagmaal gebruik.
© 2021 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, January 2021. Afrikaans. 17466 501