“Die Rollins Susters Red die Skrifture!” Vriend, Junie 2021
Maandelikse Vriend-boodskap, Junie 2021
Die Rollins Susters Red die Skrifture!
Jesus Christus het die Profeet Joseph Smith baie belangrike dinge vertel om ons te help. Die Kerk het ʼn drukpers opgerig om Jesus se woorde te druk. Op daardie manier kon mense dit lees.
Een dag het ʼn groep kwaai mans gekom. Hulle het die drukpers vernietig. Hulle het die bladsye van die skrifture in die straat uitgegooi.
Twee sussies genaamd Mary Elizabeth en Caroline Rollins het gesien wat gebeur het. Hulle het gehardloop en die bladsye in hulle arms bymekaargemaak.
Die meisies het in ʼn mielieland weggekruip totdat die mans weggegaan het. Hulle het die skrifture gered! Hierdie skrifture het later deel van die Leer en Verbonde geword.
Ek kan die skrifture lees. Ek kan dapper wees en opstaan vir wat ek glo.
Inkleurbladsy
Ek Kan Dapper Wees.
Wat help jou om dapper te wees?
© 2021 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van die Monthly Friend Message, June 2021. Afrikaans. 17470 501