2021
Ons Hemelse Vader Wil Hê Ons Moet Gelukkig Wees
Julie 2021


“Ons Hemelse Vader Wil Hê Ons Moet Gelukkig Wees,” Liahona, Julie 2021

Maandelikse Liahona-boodskap, Julie 2021

Ons Hemelse Vader Wil Hê Ons Moet Gelukkig Wees

Wanneer ons God se plan van geluk onthou, kan ons vreugde vind selfs as die lewe moeilik is.

Beeld
Christus met kinders

Voor ons op aarde gebore was, het ons almal met Hemelse Vader as sy geesteskinders geleef. Hy het ons na die aarde gestuur om te leer en te groei. Deur sy plan kan ons meer soos Hy word en waardig wees om die ewige lewe te geniet. Hierdie plan is moontlik as gevolg van God se Seun, Jesus Christus, wat aarde toe gekom het om vir ons sondes te ly, ʼn opoffering wat die Versoening genoem word.

Hemelse Vader se plan word die plan van

Soos hierdie en ander skrifture wys, wil Hemelse Vader hê dat ons soos Hy moet word, na Hom terugkeer, en waarlik gelukkig wees (sien Moses 1:39).

Ons Kom Aarde toe Om te Leer en Te Groei

God het ons aarde toe gestuur, waar ons ʼn fisiese liggaam kon hê (sien Génesis 1:26–27). Ons het liggame nodig gehad om die lewe op die aarde te ervaar.

God het geweet dat ons nie altyd gelukkig sou wees nie. Ons ervaar teleurstellings, pyn en selfs die dood. Maar deur die lewe se uitdagings, help Hemelse Vader ons leer en groei.

God het ook vir ons handelingsmag gegee, die vermoë om tussen goed en sleg te kies. Hy laat ons vir onsself kies wat ons dink en doen. Hy het ons die skrifture en die lewende profete gegee om ons te help leer om te kies wat reg is (sien Abraham 3:25).

Beeld
boom van die lewe

Probeer om Soos Jesus Christus te wees

God het ons nie na die aarde gestuur sonder ʼn voorbeeld om te volg nie (sien Johannes 13:15). Hy het sy Seun, Jesus Christus, gestuur om ons die weg te wys. Om te leer hoe om Hom te volg, kan ons die skrifture lees om te leer wie Hy is en wat Hy tydens sy lewe op aarde gedoen het. Ons kan ook ons beste doen om soos Christus te wees deur gehoorsaam aan God te wees en om ander lief te hê.

Wanneer ons foute maak, vra ons om vergifnis en gebruik die krag van die Versoening van Jesus Christus om ons te help om te verander. Ons kan gelukkig wees as ons elke dag probeer om meer soos Hy te word.

Dood Is Nie die Einde Nie

Wanneer ons sterf, gaan ons geeste na die geesteswêreld. Daar gaan ons voort om te leer terwyl ons voorberei vir die Opstanding.

Gedurende die Opstanding sal ons liggame en geeste weer herenig word. Ons liggame sal volmaak wees, en ons sal nooit weer die dood of siekte ervaar nie (sien Alma 11:44–45). Net soos Jesus Christus gesterf het en weer na die lewe gekom het, sal ons almal weer leef.

Wanneer God ons oordeel, sal Hy ons handelinge en begeertes in ag neem. As ons probeer het om die gebooie en beloftes wat ons aan God gemaak het te onderhou, dan kan ons weer saam met Hom leef.

Lewe met God en Ons Families in die Hemel

Ons sal saam met God en Jesus Christus in die selestiale koninkryk leef. Ons sal ook vir ewig daar met ons families kan leef as ons aan hulle verseël is. Ons sal vrede, geluk en rus vind (sien Mosia 2:41).

Ons lewe op aarde mag by tye swaar wees, maar as ons Jesus Christus volg, kan ons vreugde vind in hierdie lewe en ewige geluk in die lewe wat kom.

Wat Sê die Skrifture oor die Plan van Geluk?

Die manier waarop ons ons lewens lei is belangrik. God sal ons oordeel en beloon volgens ons gedagtes en optrede (sien Alma 41:3).

Satan is die vyand van ons geluk. Hy versoek ons om ons lewe op die aarde te misbruik en om te sondig. Hy wil hê dat ons ellendig moet wees soos hy (sien 2 Nefi 2:27).

Wanneer ons geloof het in God se plan vir ons, kan ons vrede hê, ongeag watter beproewinge ons ondervind. Ons kan daarna uitsien om vir ewig met God te lewe (sien Leer en Verbonde 59:23).

Alle kunswerke deur J. Kirk Richards

Druk