2021
Algemene Konferensie: ʼn Wêreldwye Kerkvergadering
September 2021


“Algemene Konferensie: ʼn Wêreldwye Kerkvergadering,” Liahona, September 2021

Maandelikse Liahona-boodskap, September 2021

Algemene Konferensie: ʼn Wêreldwye Kerkvergadering

Ons luister na profete en ander Kerkleiers gedurende algemene konferensie. Hulle leer ons wat God wil hê ons moet hoor.

Beeld
Buitekant van Konferensiesentrum

Elke April en Oktober hou die Kerk ʼn reeks vergaderings wat algemene konferensie genoem word. Leiers onderrig en getuig van Jesus Christus en sy evangelie. Algemene konferensie word in Salt Lake City, Utah, VSA gehou en word regoor die wêreld in meer as 80 tale uitgesaai. Alle lidmate en enige ander belangstellendes word genooi om na die praatjies te luister.

Beeld
Binnekant van Konferensiesentrum

Die Eerste Kerkkonferensies

Die kerk is amptelik georganiseer tydens ʼn vergadering op 6 April 1830 (sien Leer en Verbonde 20). Die eerste algemene konferensie is gehou op 9 Junie 1830. Sedertdien is algemene konferensies gehou onder leiding van die President van die Kerk waar lidmate ook al kon vergader. In die 1840’s het leiers begin om ʼn konferensie twee keer per jaar te hou.

Beeld
President Nelson by die kansel

Hoe Konferensies Vandag Georganiseer Word

Die Eerste Presidensie, die Kworum van die Twaalf Apostels en ander Kerkleiers praat tydens algemene konferensie. Die Tabernacle Choir at Temple Square en ander Kerkkore verskaf die musiek. Elke konferensie het vyf sessies: drie op Saterdag en twee op Sondag. In April is die derde sessie op Saterdag vir lede van die Aäroniese en Melgisédekse Priesterskapskworums. In Oktober is dit vir lede van die Verligtingsvereniging en Jongdames.

Leerstellings van die Leiers

In die maande voor konferensie bid Kerkleiers oor wat hulle moet onderrig. Die Here inspireer hulle om te weet wat hulle moet sê. Hulle onderrig evangeliese waarhede en nooi ons om God se gebooie te onderhou. Hulle getuig ook van Jesus Christus en moedig ons aan om Hom te volg.

Leer van Konferensie

Voor algemene konferensie kan ons bid om te hoor wat die Here wil hê ons moet leer. Terwyl ons na die praatjies luister, sal die Gees ons leer wat ons moet weet. Na die konferensie verskyn die praatjies op ChurchofJesusChrist.org, in die Gospel Library app, en in die Liahona. Ons kan biddend die praatjies bestudeer om meer te leer oor Jesus Christus en sy evangelie.

Uit die Skrifture

Jesus Christus het ons geleer dat ons dikwels bymekaar moet kom (sien 3 Nefi 18:22).

Wanneer Kerklidmate saam aanbid, sal die Here met hulle wees (sien Matthéüs 18:20).

Die Here het Kerklidmate beveel om ”mekaar te onderrig en op te bou” (Leer en Verbonde 43:8).

Wanneer Kerklidmate hul geloof in Christus bewys, sal sy Gees met hulle wees as hulle vergader (sien Leer en Verbonde 44:2).

Druk