2022
Bestendig in die Storms
Mei 2022


“Bestendig in die Storms,” Vir die Krag van die Jeug, Mei 2022.

Maandelikse Liahona-boodskap, Mei 2022

Bestendig in die Storms

Uittreksels

Beeld
vuurtoring

Vir diegene van ons wat besorg is oor onsself en oor diegene wat ons liefhet, is daar hoop in die belofte wat God gemaak het van ʼn plek van veiligheid in die storms wat voorlê. …

Koning Benjamin se profetiese woorde is op ons van toepassing in ons dag. …

Hy het sy volk en ons genooi om te bou op die enigste vaste rots van veiligheid, wat die Saligmaker is. Hy het dit duidelik gemaak dat ons vry is om tussen reg en verkeerd te kies en dat ons nie die gevolge van ons keuses kan vermy nie. …

Ons natuur verander om soos ʼn klein kindjie te word, gehoorsaam aan God en meer liefdevol. Daardie verandering sal ons kwalifiseer om die gawes wat deur die Heilige Gees kom, te geniet. As ons die Gees se metgeselskap het, sal dit ons vertroos, lei en versterk. …

Wanneer die storms in die lewe kom, kan jy bestendig wees omdat jy op die rots van jou geloof in Jesus Christus staan. Daardie geloof sal jou lei tot daaglikse bekering en konsekwente verbondsonderhouding. Dan sal jy Hom altyd onthou. En deur die storms van haat en goddeloosheid sal jy bestendig en hoopvol voel. …

… Aanvaar sy hulp soos ʼn sagmoedige en liefdevolle kind. Sluit en onderhou die verbonde wat Hy in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae aanbied. Dit sal jou versterk. Die Saligmaker ken die storms en die plekke van veiligheid op pad huis toe na Hom en ons Hemelse Vader. Hy ken die weg. Hy is die Weg.

Druk