“Kies,” Vir die Krag van die Jeug, Junie 2022.
Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Junie 2022
Kies
Josua het sy volk aangespoor om die regte keuse te maak—om die Here te volg.
kies
Ons vermoë om vir onsself te kies en op te tree, word handelingsmag genoem. Dit is ʼn belangrike deel van Hemelse Vader se plan. Een doel van hierdie lewe is om te wys dat ons sal kies om God se gebooie te gehoorsaam sodat ons meer soos Hy kan word. Ons sal geoordeel word volgens ons keuses. (Sien 2 Nefi 2:27; Leer en Verbonde 101:78; Abraham 3:25.)
vandag
Josua het sy volk aangespoor om “vandag”, of nou te kies. Ons kan een keer belangrike keuses maak en dan probeer om daartoe verbind te bly. (Sien Psalm 37:5.)
dien
In hierdie vers beteken om te dien, om te aanbid, te help, te gehoorsaam en jou aan iemand te wy. Ons moet die Here dien (sien Moses 1:15).
gode
Israel is beveel om net die ware en lewende God, Jesus Christus, te dien (sien Exodus 20:2–5). Josua het voorbeelde gegee van ander gode wat sy volk nie moet aanbid nie. Ander gode in ons lewens kan besittings, die menings van ander, ander belange insluit–enigiets wat ons van die Here wegneem.
ek en my huis
Josua het vir homself en sy huisgesin gepraat. Hy het gesê hulle sal die Here dien. Hy wou sy gesin regverdig lei en hulle leer om die Here te volg (sien Leer en Verbonde 93:40).
© 2022 by Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Goedkeuring vir vertaling: 6/19. Vertaling van Monthly For the Strength of Youth Message, June 2022. Afrikaans. 18315 501