2023
Families Is Vir Ewig
Januarie 2023


“Families Is Vir Ewig,” Liahona, Jan. 2023.

Maandelikse Liahona-boodskap, Januarie 2023

Families Is Vir Ewig

Beeld
glimlaggende gesin

Die familie is die basiese eenheid van die samelewing en die Kerk. Lede van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae glo dat families vir ewig kan wees. Ons werk om ons familie op die aarde te versterk. Ons het ook geloof dat ons die seëning van ʼn ewige familie kan ontvang.

Die Familie van God

Alle mense is geesteseuns of -dogters van hemelse ouers. Ons is almal deel van die familie van God. Ons het almal ʼn goddelike aard en bestemming. As ons regverdig lewe, kan ons terugkeer om met ons Hemelse Vader vir ewig te leef as deel van sy familie.

Beeld
pasgetroude paartjie buite die tempel

Huweliksfoto deur Joseph Kaluba

Ewige Families

Wanneer ʼn man en ʼn vrou in die tempel getroud is en hulle verbonde onderhou, sal hulle huwelik vir ewig duur. Hierdie tempelordinansie word ʼn verseëling genoem. Kinders wat gebore word nadat hul ouers verseël is, word in daardie verbond gebore. Kinders wat gebore is voordat hul ouers verseël is, kan in die tempel aan hulle verseël word sodat hulle vir ewig ʼn gesin kan wees. Kerklede doen familiegeskiedenis en tempelwerk sodat hulle hul families deur alle geslagte saam kan verseël. Die seëning van ʼn ewige familie word moontlik gemaak as gevolg van Jesus Christus en sy Versoening.

Huwelik

Die huwelik tussen ʼn man en ʼn vrou is deur God verordineer. Die evangelie van Jesus Christus leer mans en vroue om lojaal aan mekaar en getrou te wees in hul huweliksverbonde. Hulle moet getrou wees in denke, woord en daad. Die huwelik is ʼn gelyke vennootskap, en gades moet mekaar aanmoedig, vertroos en help.

Beeld
ouers met baba

Ouers en Kinders

God het Adam en Eva gebied om kinders te hê. Kerkleiers het geleer dat hierdie gebod steeds van krag is. Moeders en vaders werk saam om hul kinders in liefde en regverdigheid groot te maak (sien Leer en Verbonde 68:25–28). Kinders word geleer om hul ouers te eer en te gehoorsaam (sien Exodus 20:12).

Onderrig en Leer

Ouers leer hulle kinders om God lief te hê en sy gebooie te gehoorsaam. Gesinslewe gee ons geleenthede om vreugde te ervaar en geduld en onbaatsugtigheid te leer. Hierdie eienskappe help ons om meer soos God te word en berei ons voor om vir ewig gelukkig as gesinne te leef.

Versterking van Families

Dit verg werk, toewyding en geduld om ʼn suksesvolle gesin te bou. Evangeliebeginsels soos geloof, gebed, vergifnis, liefde, werk en heilsame pret kan ons help om vreugde in die gesinslewe te vind. Ons kan ook persoonlike openbaring ontvang om te weet hoe om ons gesinne te versterk.

Beeld
portret van Jesus Christus

Christ’s Image [Christus se Beeld], deur Heinrich Hofmann

Seëninge Is Beskikbaar vir Almal

Nie almal het die geleentheid om deel van ʼn ideale gesin te wees hier op aarde nie. Maar God het belowe dat elkeen wat sy gebooie onderhou, ál die seëninge van ʼn ewige familie sal ontvang. Ons kan op Hom vertrou en geloof in sy tydsberekening hê.

Druk