2023
Hulpbronne vir die Jeug en Kinders
Februarie 2023


“Hulpbronne vir die Jeug en Kinders,” Liahona, Feb. 2023.

Maandelikse Liahona-boodskap, Februarie 2023

Hulpbronne vir die Jeug en Kinders

Beeld
ouers lees skrifture saam met seun

Ouers het die primêre verantwoordelikheid om hul kinders van Jesus Christus en sy evangelie te leer. Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae het organisasies, programme en ander hulpbronne om ouers in hul pogings te help. Saam kan ouers, Kerkleiers en vriende alle kinders en tieners help om na Christus te kom.

Beeld
Primêre Organisasie kinders

Foto deur Ben Johnson

Primêre Organisasie

Die Primêre Organisasie is die Kerk se organisasie vir kinders vanaf 18 maande tot 11 jaar oud. In die Primêre Organisasie leer kinders oor Jesus Christus en sy evangelie deur middel van lesse, musiek en aktiwiteite. Die Primêre Organisasie kan kinders help om God se liefde vir hulle te voel.

Aäroniese Priesterskapskworums en Jongdamesklasse

In Januarie van die jaar waarin kinders 12 word, skuif hulle van die Primêre Organisasie na óf die Aäroniese Priesterskapskworum (vir seuns) óf Jongdamesklasse (vir dogters). In hulle kworums en klasse gaan die jeug voort om hulle getuienisse te versterk en ander te dien.

Beeld
hande wat ʼn prentjie teken

Kinder- en Jeugprogram

In sy jeug het Jesus “in wysheid en grootte en in genade by God en die mense” gegroei (Lukas 2:52). Die Kinder- en Jeugprogram help jong Kerklede om Christus se voorbeeld te volg. Hulle leer en groei op alle gebiede van hul lewe—geestelik, sosiaal, fisies en intellektueel.

Kerktydskrifte

Die Kerktydskrif vir kinders is die Friend [Vriend]-tydskrif. Vir die Krag van die Jeug is die tydskrif vir die jeug. Hierdie tydskrifte sluit stories, leringe en aktiwiteite in wat spesifiek vir kinders en tieners geskryf is.

Beeld
omslag van handleiding in Spaans

For the Strength of Youth Guidebook

For the Strength of Youth: A Guide for Making Choices leer die jeug oor evangeliese waarhede. Dit leer hulle hoe om besluite te maak wat hulle sal help om Jesus Christus te volg. Dit sluit ook antwoorde in op vrae wat die jeug mag hê oor hoe om die evangelie uit te leef.

Evangeliese Biblioteek

Die Evangeliese Biblioteek het baie digitale hulpbronne, insluitend video’s, musiek, skriftuurstories en aktiwiteite. Dit sluit ook hulpbronne in om ouers en leiers te help om evangeliese beginsels te onderrig. Hierdie hulpbronne word gevind in die Evangeliese Biblioteek by ChurchofJesusChrist.org en in die Evangeliese Biblioteek app.

FSY [Vir die Krag van die Jeug]-konferensies

Vanaf die jaar wat hulle 14 word, word die jeug genooi om For the Strength of Youth [FSY] [Vir die Krag van die Jeug]-konferensies by te woon. Hierdie byeenkomste sluit aktiwiteite en klasse in wat help om geloof in Jesus Christus te versterk en help die jeug om geestelik, sosiaal, fisies en intellektueel te groei.

Druk