2023
Priesterskapseëninge
Maart 2023


“Priesterskapseëninge,” Liahona, Mrt. 2023.

Maandelikse Liahona-boodskap, Maart 2023

Priesterskapseëninge

Beeld
Christus verordineer die Twaalf Apostels

Christ Ordaining the Twelve Apostles [Christus Verordineer die Twaalf Apostels], deur Harry Anderson

ʼn Priesterskapseëning word deur inspirasie gegee deur ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer. Priesterskapseëninge maak dit moontlik vir al God se kinders om sy krag, genesing, vertroosting en leiding te ontvang.

Die Priesterskap

Die priesterskap is die krag en gesag van God. Waardige mans wat die Melgisédekse Priesterskap hou, tree op in die Naam van Jesus Christus wanneer hulle priesterskapseëninge gee. Wanneer hulle hierdie seëninge gee, volg hulle die Saligmaker se voorbeeld om ander te seën.

Beeld
hande wat bo-op ʼn kop lê

Foto deur David Winters

Hoe Seëninge Gegee Word

Priesterskapseëninge word gegee deur die oplegging van hande. ʼn Melgisédekse Priesterskapshouer plaas sy hande op die hoof van die persoon wat die seëning ontvang. Dan gee hy ʼn seëning soos deur die Gees gelei. Diegene wat seëninge gee en diegene wat dit ontvang, beoefen geloof in God en vertrou op sy wil en tydsberekening.

Benoeming en Seëning van Kinders

Na ʼn kind gebore is, gee ʼn Priesterskapshouer hom of haar ʼn naam en ʼn seëning (sien Leer en Verbonde 20:70). Dit gebeur gewoonlik in ‘n vas en getuienis-vergadering. Die kind word eers ʼn naam gegee. Dan gee die priesterskapshouer die kind ʼn seëning.

Beeld
siek seuntjie wat ʼn priesterskapseëning ontvang

Foto deur Welden C. Andersen

Seëninge vir die Siekes

Melgisédekse Priesterskapshouers kan seëninge gee aan persone wat siek is. Hierdie soort seëning bestaan uit twee dele: salwing met olie en verseëling van die salwing. Eerstens sit ʼn priesterskapshouer ʼn druppel olyfolie wat toegewy is, of geseën is, op die persoon se hoof en gee ʼn kort gebed. Dan verseël ʼn ander priesterskapshouer die salwing en gee die persoon ʼn seëning soos gelei deur die Heilige Gees.

Seëninge van Vertroosting en Raad

Melgisédekse Priesterskapshouers kan seëninge van vertroosting en raad gee aan familielede en ander wat daarvoor vra. ʼn Vader wat die Melgisédekse Priesterskap hou, kan vader se seëninge aan sy kinders gee. Dit kan veral nuttig wees as kinders spesiale uitdagings in die gesig staar.

Om Lidmate Af te Sonder om in Roepings te Dien

Wanneer Kerklidmate roepings ontvang, kry hulle ʼn seëning wanneer hulle afgesonder word om te dien. ʼn Priesterskapsleier seën hulle met gesag om in die roeping op te tree. Die priesterskapsleier gee hulle ook ʼn seëning om hulle in hul dienslewering te help.

Beeld
vrou wat haar patriargale seëning lees

Foto deur Shauna Stephenson

Patriargale Seëninge

Elke waardige Kerklidmaat kan ʼn patriargale seëning ontvang. Hierdie seëning gee persoonlike raad van die Here. Dit kan leiding en vertroosting dwarsdeur ʼn persoon se lewe bied. Dit gee ook die persoon se afstamming in die huis van Israel. Slegs ʼn geordineerde patriarg kan hierdie tipe seëninge gee.

Druk