2023
Hoe om Persoonlike Vrede te Vind
Mei 2023


Maandelikse Liahona-boodskap, Mei 2023

Hoe om Persoonlike Vrede te Vind

Uittreksels

Beeld
agtergrond

Ek gaan vandag praat oor wat ek geleer het oor die wonder om persoonlike vrede te vind, ongeag ons omstandighede. …

Ek het ten minste vyf waarhede geleer uit die leringe van die Saligmaker.

Eerstens, die gawe van vrede word gegee nadat ons die geloof het om sy gebooie te onderhou. …

Tweedens, die Heilige Gees sal kom en by ons bly. …

Derdens, die Saligmaker belowe dat wanneer ons ons verbonde nakom, ons die liefde van die Vader en die Seun vir mekaar en vir ons kan voel. …

Vierdens, om die Here se gebooie te onderhou, verg meer as gehoorsaamheid. Ons moet die Here ons God liefhê met ons hele hart, en met ons hele siel en met ons hele verstand. …

Vyfdens, dit is duidelik dat die Here ons lief genoeg gehad het om die prys vir ons sondes te betaal sodat ons—deur ons geloof in Hom en ons bekering, deur die gevolge van sy Versoening—die gawe van die vrede kan hê wat “alle verstand te bowe gaan” [Filippense 4:7], in hierdie lewe en saam met Hom tot in die ewigheid. …

Lede regoor die Kerk het die Here se gawe van persoonlike vrede ervaar. Hy moedig almal aan om ander te help om geleenthede te kry om na Hom toe te kom en hulself vir daardie selfde vrede te kwalifiseer. Hulle sal op hul beurt kies om inspirasie te soek om te weet hoe hulle daardie geskenk aan ander kan oordra.

Die opkomende geslag sal die versorgers word van die geslag wat volg. Die vermenigvuldiger-effek sal ʼn wonderwerk oplewer. Dit sal mettertyd versprei en groei, en die Here se koninkryk op aarde sal voorbereid en gereed wees om Hom met uitroepe van hosanna te groet. Daar sal vrede op aarde wees.

Druk