2023
Self-onderhouding Versterk Ons
Augustus 2023


“Self-onderhouding Versterk Ons,” Liahona, Aug. 2023.

Maandelikse Liahona-boodskap, Augustus 2023

Self-onderhouding Versterk Ons

Beeld
twee persone wat skottelgoed was

Om self-onderhoudend te wees beteken dat ons na die behoeftes van onsself en ons families kan omsien. Wanneer ons self-onderhoudend is, is ons ook beter in staat om die Here te dien en vir ander te sorg. Maar self-onderhouding beteken nie dat ons ons uitdagings alleen moet trotseer nie. Ons kan hulp vra van vriende, familie, wyks- of taklede en professionele persone wanneer ons dit nodig het.

Beginsels van Self-onderhouding

Om self-onderhoudend te word, vereis opvoeding, gehoorsaamheid en harde werk. Ons doen ons bes om vir onsself te sorg, en ons kan ander om hulp vra wanneer dit nodig is. Om waarlik self-onderhoudend te word, moet ons egter ook leer om geloof in Jesus Christus te hê. Dan, terwyl ons werk om onsself te help, sal Hy ons versterk.

Beeld
twee gevoude hande

Geestelike Self-onderhouding

Ons kan ons geestelike self-onderhouding bou deur te werk om ons getuienis van Jesus Christus te versterk. Ons doen dit wanneer ons bid, die skrifture bestudeer, kerk bywoon, die gebooie onderhou en ander dinge doen wat ons nader aan Christus bring. Die wete dat Hy bereid is om ons te help, sal ons geloof gee om sterk te bly, selfs wanneer die lewe moeilik is.

Stoflike Self-onderhouding

Stoflike self-onderhouding sluit in om na die fisiese behoeftes van onsself en ons familie te kan omsien. Dit sluit voedsel, behuising, gesondheid en ander behoeftes in. Ons doen dit deur ʼn goeie opvoeding te kry, die nodige vaardighede aan te leer of uit te brei, hard te werk, ons tyd verstandig te gebruik en ons geld goed te bestuur.

Beeld
drie vroue wat saam stap

Emosionele Self-onderhouding

Emosionele self-onderhouding is die vermoë om met moed en geloof by emosionele uitdagings aan te pas. Ons het almal uitdagings en terugslae. Danksy die evangelie weet ons ons kan kies hoe om daarop te reageer. Om met geloof in die Here te reageer, verhoog ons vermoë om ander teenspoed met meer hoop die hoof te bied.

Opvoeding

Ons moet altyd leer. God wil hê dat ons ons verstand moet opvoed en ons vaardighede moet verbeter regdeur hierdie lewe en in die volgende. Hoe meer ons leer, hoe meer kan ons ʼn beter invloed ten goede hê en vir onsself, ons familie en behoeftiges voorsien.

Beeld
jong man wat ʼn sak dra

Seëninge deur Self-onderhoudend te Wees

Profete het geleer dat namate ons ons self-onderhouding verbeter, ons met groter hoop en vrede geseën sal word. Ons sal ons families en ander in nood kan help. En ons sal geseën word met meer geleenthede en met die vermoë om voort te gaan om te vorder.

Kerkhulpbronne

Jou pen kan self-onderhoudingsgroepe aanbied. Dit kan jou beginsels van self-onderhouding en vaardighede leer soos om jou geld te bestuur of ʼn beter werk te kry. Jy kan verwante hulpbronne in die Evangeliese Biblioteek vind. Kies “Books and Lessons” en dan “Self-Reliance.”

Druk