2023
Die Organisasie van die Kerk van Jesus Christus
Oktober 2023


“Die Organisasie van die Kerk van Jesus Christus,” Liahona, Okt. 2023.

Maandelikse Liahona-boodskap, Oktober 2023

Die Organisasie van die Kerk van Jesus Christus

Beeld
portret van Jesus Christus

The Lord Jesus Christ [Die Here Jesus Christus], deur Del Parson

Jesus Christus is die hoof van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. Hy inspireer profete en apostels om die Kerk vandag te lei, soos Hy in Nuwe Testamentiese tye gedoen het. Hulle word bygestaan deur ander Kerkleiers.

Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae is die Saligmaker se Kerk. Dit is “gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is” (Efésiërs 2:20). Dit beteken dat Hy die belangrikste deel van die fondasie is. Hy lei die Kerk deur die profete en apostels wat Hy gekies het om leiers te wees.

Beeld
Eerste Presidensie

Die Eerste Presidensie

Die President van die Kerk is God se profeet vandag op die aarde. Hy is die senior Apostel en die enigste persoon op die aarde wat openbaring ontvang om die hele Kerk te lei. Die Here inspireer hom om te weet watter twee Apostels om te roep om as sy raadgewers te dien. Hulle vorm die Eerste Presidensie. Al drie is profete, sieners en openbaarders.

Kworum van die Twaalf Apostels

Lede van die Kworum van die Twaalf Apostels is ook profete, sieners en openbaarders. Hulle word geroep om spesiale getuies van Jesus Christus te wees. Hulle reis dwarsdeur die wêreld om van Hom te onderrig en te getuig. (Sien Leer en Verbonde 107:23, 33.)

Kworums van die Sewentig

Lede van die Sewentig word ook geroep om getuies van Jesus Christus te wees (sien Leer en Verbonde 107:25). Hulle help die Kworum van die Twaalf om die evangelie te onderrig en die Kerk regoor die wêreld te bou.

Beeld
leiers wat saam beraadslaag

Foto deur Machiko Horii

Plaaslike Leiers

Jou pen- of distrikspresidensie, bisdom of takpresidensie, en ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidensies is ook deur God geroep. Hulle kan jou help om die evangelie te leer en uit te lewe. Jy kan oor sommige van hierdie roepings leer in die Maart 2022 Gospel Basics [Evangeliese Basiese Beginsels] artikel, “Diens in Kerkroepings.”

Druk