Ouderlingskworum
Verantwoordelikhede


Beeld
groep mans wat saam sit

My Roeping as ʼn Raadgewer in die Ouderlingskworumpresidensie

Verantwoordelikhede

Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.

Doel van die Ouderlingskworum

Die Melgisédekse Priesterskap help God se kinders om hulle voor te berei om na sy teenwoordigheid terug te keer. Lede van die ouderlingskworum werk saam om God se werk van heil en verheffing te volbring. Hulle dien ander, vervul priesterskapspligte, bou eenheid en leer en leef leerstellings uit (sien Algemene Handleiding, Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 8.1).

Raadgewers

Die ouderlingskworumraadgewers ondersteun die president met sy verantwoordelikhede om pogings met die Verligtingsverenigingspresidensie te organiseer en toesig te hou oor bediening, aktiwiteite, verslae, rekords en finansies. Raadgewers van die ouderlingskworum en die Verligtingsvereniging kan toegewys word om wyksendingwerk of tempel- en familiegeskiedenispogings te lei (sien 8.3.3.2).

Presidensie

Die ouderlingskworumpresidensie en -sekretaris vergader gereeld. Om voornemende ouderlinge te help om voor te berei om die Melgisédekse Priesterskap te ontvang, is een van die presidensie se hoogste prioriteite (sien 8.4).

Ouderlingskworum en Verligtingsvereniging

Die Ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidensies koördineer bedieningstoewysings en help om tempel- en familiegeskiedeniswerk en pogings om almal uit te nooi om die seëninge van die evangelie te ontvang, te lei. Hulle het ook ʼn sleutelrol om wykslede te onderrig in die beginsels van bediening, bedieningsonderhoude, om die wet van die vas uit te lewe, self-onderhouding te bou en persoonlike en gesinsgereedheid te verhoog (sien 22.6.2).

Sondagvergaderings

Ouderlingskworums vergader op die tweede en vierde Sondag van die maand om geloof te versterk, eenheid te bou en families en tuistes te versterk. Die ouderlingskworumpresidensie kies biddend boodskappe van die mees onlangse algemene konferensie om te bespreek, gebaseer op behoeftes van die lede (sien 8.2.1.2).

Diens en Aktiwiteite

Ouderlingskworumpresidensies kan aktiwiteite beplan om kworumlede te versterk en hulle geleenthede te bied om saam te dien. Presidensies bespreek aktiwiteite met die biskop (sien 8.2.1.3).

Druk