My Roeping as ʼn Raadgewer in die Jongdamespresidensie
Verantwoordelikhede
Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede vir jou roeping.
Doel van Jongdames
Die Jongdames-organisasie help God se geliefde dogters om hulle voor te berei om terug te keer na sy teenwoordigheid. Die Jongdames-organisasie help jongdames om heilige verbonde te sluit en te onderhou en hul bekering tot Jesus Christus en sy evangelie te verdiep. In hul klasse dien jongdames ander, kom hulle verbondsverantwoordelikhede na, bou eenheid en leer en leef leerstellings uit. (Sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 11.1.1.)
Raadgewers
Die president en raadgewers dien die jongdames terwyl hulle lewenslange dissipels van Jesus Christus word. Hulle onderrig klaspresidensies omtrent hulle verantwoordelikhede en verskaf ondersteuning (sien 11.3.2). Raadgewers ondersteun ook die president met rekords, verslae en finansies.
Jeugleierskap
Die Jongdamespresidensie ondersteun die jeugleiers. Klaspresidente dien in die wyksjeugraad. Klaspresidensies lei en dien die jongdames terwyl hulle nader aan die Saligmaker kom en deel aan God se werk van heil en verheffing. Met die hulp van volwasse leiers beplan hulle diensprojekte, aktiwiteite en Sondagvergaderings (sien 11.3.4.2).
Sondagklasse
Bisdomme en volwasse Jongdames-leiers besluit biddend hoe om klasse volgens ouderdom te organiseer. Hulle oorweeg leierskapsgeleenthede vir jongdames. Elke klas, ongeag die grootte, moet ʼn president en waar moontlik, een of twee raadgewers en ʼn sekretaresse hê (sien 11.1.3).
Diens en Aktiwiteite
Klaspresidensies, ondersteun deur volwasse leiers, beplan diens en aktiwiteite wat getuienisse bou, families versterk, klaseenheid bevorder en geleenthede bied om ander te seën (sien 11.2.1.3). Diens en aktiwiteite is ʼn geleentheid om die jeug bymekaar te bring en die vreugde te deel om die evangelie uit te leef en deel te neem aan die Here se magtige werk.
Riglyne en Beleide
Alle volwassenes wat met kinders of jeugdiges werk moet die Kinder- en Jeugbeskermingsopleiding binne een maand nadat hulle onderskraag is, voltooi (ProtectingChildren.ChurchofJesusChrist.org). Riglyne en beleide rakende jongdames met gestremdhede, jeug-embleme en meer kan gevind word in afdeling 11.6 van die Algemene Handleiding.