My Roeping as ʼn Diakenskworumpresident
Verantwoordelikhede
Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.
Doel van die Aäroniese Priesterskap
Aäroniese Priesterskapskworums help jongmans om heilige verbonde te sluit en te onderhou en hulle bekering tot Jesus Christus en sy evangelie te verdiep. Die doel van ʼn kworum is om priesterskapshouers te help om saam te werk om deel te neem aan God se werk van heil en verheffing. (Sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 10.1, Evangeliese Biblioteek.)
Diakenskworum
Jongmans sluit by die diakenskworum aan vanaf Januarie van die jaar wat hulle 12 word. In hierdie tyd kom hulle ook in aanmerking om as diakens geordineer te word as hulle voorbereid en waardig is. Pligte sluit in die aangee van die nagmaal en om die biskop by te staan om “alle stoflike dinge te bestuur” (Leer en Verbonde 107:68). (Sien 10.1.3.1.)
President
Die diakenskworumpresident se verantwoordelikhede sluit in die leiding van kworumpogings om deel te neem aan God se werk van heil en verheffing; om elke kworumlid te leer ken en te dien, insluitend diegene wat nie kworumvergaderings bywoon nie; die versterking van nuwe en terugkerende lidmate; die onderrig van kworumlede oor hul priesterskapspligte; en die beplanning en leiding van kworumvergaderings (sien 10.4.2). Sy raadgewers ondersteun hom in sy verantwoordelikhede. Die kworumpresidensie moet gereeld vergader (sien 10.4.3).
Jeugraad
Die diakenskworumpresident is ʼn lid van die wyksjeugraad. Die doel van hierdie raad is om die jeug te help om ander na Jesus Christus te bring en te help om die werk van heil en verheffing te volbring. Die biskop presideer oor die wyksjeugraad. (Sien 10.4.4.)
Diens en Aktiwiteite
Die bisdom en jeugkworumleiers, ondersteun deur raadgewers, beplan diens en aktiwiteite. Hierdie sal help om die werk van heil en verheffing te volbring. Hulle moet gebalanseer word tussen vier areas van persoonlike groei: geestelik, sosiaal, fisies en intellektueel. (Sien 10.2.1.3.)
Riglyne en Beleide
Bykomende riglyne en beleide, insluitend die ondersteuning van jongmans met gestremdhede, die ontvangs van Kinder- en Jeug-embleme en die insameling van vasofferandes, kan gevind word in afdeling 10.8 van die Algemene Handleiding.