Aäroniese Priesterskapskworums
Verantwoordelikhede


ʼn groep jong mans

My Roeping as ʼn Diakenskworumsekretaris

Verantwoordelikhede

Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.

Doel van die Aäroniese Priesterskap

Aäroniese Priesterskapskworums help jongmans om heilige verbonde te sluit en te onderhou en hulle bekering tot Jesus Christus en sy evangelie te verdiep. Die doel van ʼn kworum is om priesterskapshouers te help om saam te werk om deel te neem aan God se werk van heil en verheffing. (Sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 10.1, Evangeliese Biblioteek.)

Diakenskworum

Jongmans sluit by die diakenskworum aan vanaf Januarie van die jaar wat hulle 12 word. In hierdie tyd kom hulle ook in aanmerking om as diakens geordineer te word as hulle voorbereid en waardig is. Pligte sluit in die aangee van die nagmaal en om die biskop by te staan om “alle stoflike dinge te bestuur” (Leer en Verbonde 107:68). (Sien 10.1.3.1.)

Sekretaris

Wanneer kworumsekretarisse geroep word, berei hulle agendas vir vergaderings voor en neem aantekeninge. Hulle help ook die wyksklerk of ʼn kworumadviseur om rekord te hou van bywoning. (Sien 10.4.2.)

Diens en Aktiwiteite

Die bisdom en jeugkworumleiers, ondersteun deur adviseurs, beplan diens en aktiwiteite. Hierdie sal help om die werk van heil en verheffing te volbring. Dit moet gebalanseer word tussen vier areas van persoonlike groei: geestelik, sosiaal, fisies en intellektueel. (Sien 10.2.1.3.)

Riglyne en Beleide

Bykomende riglyne en beleide, insluitend die ondersteuning van jongmans met gestremdhede, die ontvang van Kinder- en Jeug-embleme en die insameling van vasofferandes, kan gevind word in afdeling 10.8 van die Algemene Handleiding.