Primêre Organisasie
Verantwoordelikhede


Beeld
groep vroue en kinders

My Roeping as ʼn Kleuterklasleier

Verantwoordelikhede

Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.

Doel van die Primêre Organisasie

Die Primêre Organisasie help kinders om hulle Hemelse Vader se liefde te voel; van sy plan van geluk te leer; die evangelie van Jesus Christus uit te leef; en die invloed van die Heilige Gees te voel, te herken en daarop te handel. Die Primêre Organisasie bied ook ʼn geleentheid vir kinders om vir heilige verbonde voor te berei, te sluit en te onderhou terwyl hulle deelneem aan God se verlossingswerk en verheffing. (Sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 12.1.)

Kleuterklasleier

Om God se kinders te onderrig is ʼn heilige voorreg. Die kleuterklas help kinders van 18-maande tot 3-jaar om Hemelse Vader se liefde te voel en te leer van sy plan van geluk. Kleuterklasleiers het die kinders lief, onderrig hulle en dien hulle. Hulle verseker ook hul veiligheid en welstand (sien 12.1.5).

Sondagklas

Kleuterklasleiers onderrig uit Behold Your Little Ones. Hulle volg die beginsels in Teaching in the Savior’s Way en hoofstuk 17 van die Algemene Handleiding. Wanneer volwassenes kinders in Kerklike omgewings onderrig, moet ten minste twee verantwoordelike volwassenes teenwoordig wees (sien 12.3.5).

Riglyne en Beleide

Alle volwassenes wat met kinders of jeugdiges werk moet die Kinder- en Jeugbeskermingsopleiding binne een maand nadat hulle onderskraag is, voltooi (ProtectingChildren.ChurchofJesusChrist.org). Riglyne en beleide rakende kinders met gestremdhede, veiligheidsbehoeftes, die Kinder- en Jeugprogram, en meer kan gevind word in afdeling 12.5 van die Algemene Handleiding.

Druk