Aäroniese Priesterskapskworums
Verantwoordelikhede


ʼn groep jong mans

My Roeping as ʼn Priesterskworumsekretaris

Verantwoordelikhede

Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.

Doel van die Aäroniese Priesterskap

Aäroniese Priesterskapskworums help jongmans om heilige verbonde te sluit en te onderhou en hulle bekering tot Jesus Christus en sy evangelie te verdiep. Die doel van ʼn kworum is om priesterskapshouers te help om saam te werk om deel te neem aan God se werk van heil en verheffing. (Sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 10.1, Evangeliese Biblioteek.)

Priesterskworum

Jongmans sluit by die priesterskworum aan vanaf Januarie van die jaar wat hulle 16 word. As hulle voorbereid en waardig is, mag hulle ook as priesters geordineer word. Priesters het dieselfde pligte as diakens en leraars. Priesters kan ook die nagmaal bedien, dope uitvoer (insluitend tempeldope), en ander priesters, leraars en diakens ordineer (sien Leer en Verbonde 20:46–52, 73–79; Algemene Handleiding, 10.1.3.3).

Sekretaris

Wanneer kworumsekretarisse geroep word, berei hulle agendas vir vergaderings voor en maak aantekeninge. Hulle help ook die wyksklerk of ʼn kworumadviseur om rekord te hou van bywoning. (Sien 10.4.2.)

Diens en Aktiwiteite

Die biskop en jeugkworumleiers, ondersteun deur adviseurs, beplan diens en aktiwiteite. Hierdie sal help om die werk van heil en verheffing te volbring. Hulle moet gebalanseer word tussen vier areas van persoonlike groei: geestelik, sosiaal, fisies en intellektueel. (Sien 10.2.1.3.)

Riglyne en Beleide

Bykomende riglyne en beleide, insluitend die ondersteuning van jongmans met gestremdhede, die ontvangs van Kinder- en Jeug-embleme en die insameling van vasofferandes kan gevind word in afdeling 10.8 van die Algemene Handleiding.