Primêre Organisasie
Verantwoordelikhede


Beeld
vrou wat kinders onderrig

My Roeping as ʼn Primêre Organisasie-sekretaresse

Verantwoordelikhede

Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede vir jou roeping.

Doel van die Primêre Organisasie

Die Primêre Organisasie help kinders om hul Hemelse Vader se liefde te voel; leer oor sy plan van geluk; leef die evangelie van Jesus Christus; en voel, herken en handel op die invloed van die Heilige Gees. Die Primêre Organisasie is ook ʼn tyd om voor te berei om heilige verbonde te sluit en te onderhou terwyl kinders deelneem aan God se werk van heil en verheffing. (Sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 12.1.)

Sekretaresse

Die Primêre Organisasie-sekretaresse staan die presidensie by met administratiewe behoeftes. Die sekretaresse maak die presidensie bewus van nuwe kinders en besoekers, kinders wat vir doop in aanmerking kom en klasbevorderings. Sy help met Primêre Organisasie Sondagvergaderingstoewysings en berei agendas voor en woon vergaderings by. Die sekretaresse werk ook nóú saam met Primêre Organisasie- en kleuteronderwysers en leiers oor sake wat met kinders verband hou. (Sien 12.3.3.)

Klasse en Sangtyd

Dit is ʼn heilige voorreg om kinders te onderrig. Primêre Organisasie-leiers is lief vir kinders en onderrig hulle volgens die Saligmaker se manier. Primêre Organisasieklasse word georganiseer volgens ouderdom en die aantal onderwysers wat beskikbaar is (sien 12.1.3). Sangtyd help kinders om Hemelse Vader se liefde te voel en te leer van sy plan van geluk (sien 12.1.4).

Primêre Organisasie-aktiwiteite

Primêre Organisasie-aktiwiteitsleiers beplan prettige en aangename aktiwiteite wat help om God se werk van heil en verheffing te volbring. Diens en aktiwiteite moet getuienisse bou, families versterk en geleenthede bied om ander te seën. Primêre Organisasie-aktiwiteite word gewoonlik twee keer per maand gehou vir kinders 8–11 jaar. (Sien 12.3.6.)

Riglyne en Beleide

Alle volwassenes wat met kinders en jeugdiges werk moet die Kinder- en Jeugbeskermingsopleiding binne een maand nadat hulle onderskraag is, voltooi (ProtectingChildren.ChurchofJesusChrist.org). Riglyne en Beleide rakende kinders met spesiale behoeftes, veiligheidsvereistes, die Kinder- en Jeugprogram en ander word in afdeling 12.5 van die Algemene Handleiding gevind.

Druk