Verligtingsvereniging
Verantwoordelikhede


Beeld
groep mense wat glimlag

My Roeping as ʼn Verligtingsverenigingspresident

Verantwoordelikhede

Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede vir jou roeping.

Doel van die Verligtingsvereniging

Die Verligtingsvereniging is ʼn goddelik ingestelde organisasie vir alle volwasse vroue in die Kerk. Die Verligtingsvereniging help God se kinders om hulle voor te berei om terug te keer na sy teenwoordigheid. Die Profeet Joseph Smith het onderrig dat die doel van die Verligtingsvereniging is om “siele te red en lyding te verlig”—voorsiening van die Saligmaker se verligting (sien Algemene Handleiding: Diens in die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 9.1).

Verligtingsverenigingspresident

Die Verligtingsverenigingspresident lei pogings om deel te neem aan God se werk van heil en verheffing. Sy dien as ʼn lid van die wyksraad en beraadslaag met volwasse lede van die wyk onder leiding van die biskop. Sy hou ook toesig oor rekords, verslae en finansies (sien 9.3.2.2).

Presidensie

Die president en haar raadgewers hou toesig oor bedieningsusters, Sondaginstruksie en aktiwiteite. Hulle leer susters hul verbondsverantwoordelikhede, berei jongdames voor om aan die Verligtingsvereniging deel te neem en koördineer pogings om jong volwasse susters te versterk (sien 9.4). Die Verligtingsverenigingspresidensie en sekretaresse vergader gereeld (sien 9.3.2.3).

Leierskap en Rade

Verligtingsverenigingsleiers beplan Sondagvergaderings, aktiwiteite, bediening, diens en ander interaksies om vroue te voorsien van ervarings in God se werk van heil en verheffing. Lede van die Verligtingsvereniging en ouderlingskworum werk saam as ʼn eenheid (sien 9.2).

Verligtingsvereniging en Ouderlingskworum

Verligtingsverenigings- en ouderlingskworumpresidensies koördineer bedieningstoewysings en help lei tempel en familiegeskiedeniswerk en pogings om almal uit te nooi om die seëninge van die evangelie te ontvang. Hulle het ook ʼn sleutelrol om wykslede te onderrig in die beginsels van bediening aan behoeftiges, om die wet van die vas uit te lewe, self-onderhouding te bou en persoonlike en gesinsgereedheid te verhoog (sien 22.6.2).

Sondagvergaderings

Verligtingsverenigings vergader op die tweede en vierde Sondag met die doel om geloof in Jesus Christus te verhoog, eenheid te bou en families en tuistes te versterk. Vergaderings begin met gebed en sluit tyd vir gesamentlike beraadslaging en evangeliese instruksie in en bespreking gebaseer op onlangse konferensiepraatjies (sien 9.2.1.2).

Diens en Aktiwiteite

Verligtingsverenigingspresidensies kan aktiwiteite beplan om susters se geloof in Jesus Christus te versterk, hul begeerte om verbonde te sluit en te onderhou te verhoog en hul geleenthede te gee om saam te dien. Die president hou toesig oor hierdie aktiwiteite en kan ʼn raadgewer of ander suster vra om die leiding te neem in die beplanning en uitvoering daarvan (sien 9.2.1.3).

Bykomende Roepings

Die biskop en Verligtingsverenigingspresident bespreek die behoefte vir bykomende roepings. Dit sluit in onderwysers, dienskoördineerders, aktiwiteitskoördineerders, assistente en komiteelede, assistent-sekretaresses en bedieningsekretaresses. Soos nodig, kan die president susters toewys om op ander maniere met Verligtingsverenigings-pogings te help (sien 9.3.4).

Riglyne en Beleide

Bykomende riglyne en beleide word in afdeling 9.6 van die Algemene Handleiding gevind.

Druk