Music
Verantwoordelikhede


Beeld
vrou wat koor lei

My Roeping as ʼn Penmusiekkoördineerder

Verantwoordelikhede

Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede van jou roeping.

Die Doel van Musiek in die Kerk

Gewyde musiek verhoog geloof in Jesus Christus. Dit nooi die Gees uit en onderrig leerstellings. Dit skep ook ʼn gevoel van eerbied, verenig lede en bied ʼn manier om Hemelse Vader en Jesus Christus te aanbid. Die Here het verklaar: “My siel verheug hom in die lied van die hart” (Leer en Verbonde 25:12). (Sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 19.1.)

Penmusiekkoördineerder

Die penmusiekkoördineerder help wykslede om hulle geloof in en aanbidding van Hemelse Vader en Jesus Christus te verhoog deur middel van gewyde musiek. Hulle beraadslaag met die penpresidensie om musiek vir penkonferensie en ander byeenkomste te beplan. Musikale seleksies moet die gees van aanbidding versterk en die evangelie met krag en duidelikheid onderrig. (Sien 19.3.1.) Musiekkoördineerders dien as ʼn hulpbron vir penleiers oor kwessies wat met musiek verband hou (sien 19.5.2).

Musiek vir Penvergaderings

“Inspirerende musiek is ʼn noodsaaklike deel van ons kerkvergaderings” (Hymns [Gesange], Eerste Presidensie Voorwoord). Penkonferensies sluit gesange en ander musikale seleksies van ʼn koor, soliste of klein groepies in (sien 19.3.4). Gesange of ander gewyde musikale seleksies kan vir voorspel- en naspel-musiek, koormusiek en solo- of klein groepaanbiedings gebruik word. Penmusiekkoördineerders kan pen- of multipenkore vir konferensies of ander geleenthede soos gemeenskapsbyeenkomste aanbeveel (sien 19.3.7.2).

Opleiding en Hulpbronne

Penmusiekkoördineerders beveel aan en hou toesig oor musiekopleiding in die pen soos nodig. Hulle bied opleiding en ondersteuning aan wyksmusiekkoördineerders. (Sien 19.6.) Indien geen begeleier vir penvergaderings beskikbaar is nie, sien afdeling 19.4.3.2 van die Algemene Handleiding vir toegang tot begeleiding wat opgeneem is.

Riglyne en Beleide

Vir bykomende beleide en riglyne soos die verkryging van musiek, gebruik van byeenkomplek-instrumente vir oefening of gemeenskapskore, sien afdeling 19.7 van die Algemene Handleiding.

Druk