Sondagskool
Verantwoordelikhede


Beeld
groep mense wat glimlag

My Roeping as ʼn Sondagskoolpresident

Verantwoordelikhede

Die Here is dankbaar vir jou gewilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede vir jou roeping.

Doel van Sondagskool

Die Sondagskool help om God se werk van heil en verheffing te bewerkstellig. Dit word gedoen deur God se kinders te help om die evangelie van Jesus Christus te leer en uit te leef (sien Algemene Handleiding: Diens in die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 13.1).

Sondagskoolpresidensie

Die president is verantwoordelik om in die wyksraad te dien, toesig te hou oor evangeliese leer en onderrig tuis en by die kerk, en klasse te organiseer. Die president ondersteun, bemoedig en gee ook opdrag aan onderwysers om meer effektief te word deur die beginsels in die skrifture en Teaching in the Savior’s Way [Onderrig volgens die Saligmaker se Manier] te volg (sien 13.2.2.2). Sy raadgewers staan hom by.

Sondagklasse

Sondagskoolklasse word op die eerste en derde Sondae van die maand gehou. Klasgroottes sal wissel gebaseer op die behoeftes van elke wyk (sien 13.3). Sondagskoolonderwysers gebruik die skrifture, geskeduleerde lesse in Come, Follow Me [Kom, Volg My], en die woorde van hedendaagse profete as hul belangrikste hulpbronne vir onderrig.

Tuisgesentreerde Leer

Ouers is verantwoordelik om die evangelie aan hulle kinders te leer (sien 13.5). Sondagskoolonderwysers en -leiers moedig lede aan om hul eie inspirasie te soek oor hoe om die evangelie in hul tuistes te bestudeer en te onderrig (sien 17.2).

Onderwysersraadsvergaderings

Onderwysers beraadslaag saam oor beginsels van Christelike onderrig in onderwysersraadsvergaderings. Hulle beraadslaag ook oor hoe om evangeliese leer en onderrig te verbeter. Teaching in the Savior’s Way word gebruik as ʼn hulpbron (sien 17.4). Hierdie vergaderings word kwartaalliks gehou gedurende klastyd op Sondag en word gewoonlik gelei deur die Sondagskoolpresident (sien 13.4).

Onderwysersraadsvergaderings vir Ouers

Onder leiding van die biskop en wyksraad help die Sondagskoolpresident om onderwysersraadsvergaderings vir ouers te reël. Hierdie vergaderings volg dieselfde formaat en frekwensie as gewone onderwysersraadsvergaderings, maar in hierdie geval word ouers genooi om dit by te woon. Die doel is om ouers te help om beter onderwysers in hulle tuistes te word. Teaching in the Savior’s Way en die inleidende materiaal in Come, Follow Me behoort as hulpbronne gebruik te word (sien 17.4).

Riglyne en Beleide

Alle volwassenes wat met die jeug werk, moet die kinder- en jeugbeskermingsopleiding binne een maand nadat hulle onderskraag is, voltooi (ProtectingChildren.ChurchofJesusChrist.org). Bykomende Sondagskoolriglyne word gevind in afdeling 13.7 van die Algemene Handleiding.

Druk