Jongdames
Verantwoordelikhede


Beeld
jongdames wat glimlag

My Roeping as ʼn Jongdamesekretaresse

Verantwoordelikhede

Die Here is dankbaar vir jou bereidwilligheid om in sy Kerk te dien. Hieronder is ʼn oorsig van die verantwoordelikhede vir jou roeping.

Doel van Jongdames

Die Jongdames-organisasie help God se geliefde dogters om hulle voor te berei om terug te keer na sy teenwoordigheid. Dit help jongdames om heilige verbonde te sluit en te onderhou en hul bekering tot Jesus Christus en sy evangelie te verdiep. In hul klasse dien jongdames ander, kom hulle verbondsverantwoordelikhede na, bou eenheid en leer en leef leerstellings uit. (Sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 11.1.1.)

Sekretaresse

Die Jongdamesekretaresse help die president om agendas voor te berei, notas te neem en opdragte vir presidensievergaderings op te volg. Sy lei ook klassekretaresses op, help hulle om bywoningsrekords te hou en help die Jongdamespresidensie om ʼn begroting op te stel en rekening te hou van uitgawes (sien 11.3.3).

Sondagklasse

Bisdomme en volwasse Jongdames-leiers besluit biddend hoe om klasse volgens ouderdom te organiseer. Hulle oorweeg leierskapsgeleenthede vir jongdames. Elke klas, ongeag die grootte, moet ʼn president en waar moontlik, een of twee raadgewers en ʼn sekretaresse hê (sien 11.1.3).

Diens en Aktiwiteite

Klaspresidensies, ondersteun deur volwasse leiers, beplan diens en aktiwiteite wat getuienisse bou, families versterk, klaseenheid bevorder en geleenthede bied om ander te seën (sien 11.2.1.3). Diens en aktiwiteite is ʼn geleentheid om die jeug bymekaar te bring en die vreugde te deel om die evangelie uit te leef en deel te neem aan die Here se magtige werk.

Riglyne en Beleide

Alle volwassenes wat met kinders of jeugdiges werk moet die Kinder- en Jeugbeskermingsopleiding binne een maand nadat hulle onderskraag is, voltooi (ProtectingChildren.ChurchofJesusChrist.org). Riglyne en beleide rakende jongdames met gestremdhede, jeug-embleme en meer kan gevind word in afdeling 11.6 van die Algemene Handleiding.

Druk