18. Dotan in Samaría
Dotan word gekenmerk deur riwwe en valleie. Dit is goeie weiveld. Toe die Israeliete hulle hier gevestig het, is die streek aan Manasse gegee.
Betekenisvolle Gebeure: In die Dotan-vallei word Josef verkoop en na Egipte geneem (Gén. 37:12–28). Obadja red ’n honderd profete deur hulle in ’n spelonk te versteek toe Isébel die profete van Israel wou vermoor (1 Kon. 18:13). Die Aramese leër omring Elísa en sy dienaar, en die Here red hulle wonderbaarlik (2 Kon. 6:13–23).