“Jesus Christus Het Sy Kerk ʼn Naam Gegee,” Vriend, Okt. 2021.
Maandelikse Vriend-boodskap, Oktober 2021
Jesus Christus Het Sy Kerk ʼn Naam Gegee
Jesus Christus het vir Joseph Smith gesê wat om die Kerk te noem. Hy het gesê dat dit “Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae” genoem sou word.
Die woorde Jesus Christus is die belangrikste deel van die Kerk se naam. Omdat dit Jesus Christus se Kerk is, word dit na Hom vernoem.
Heiliges van die Laaste Dae beteken die lede van die Kerk vandag.
Profete en apostels het geleer dat dit belangrik is om die regte naam van die Kerk te gebruik. Dit help ander om te weet dat ons in Jesus Christus glo.
Wanneer ander my vra wat ek glo, kan ek sê: “Ek glo in Jesus Christus. Ek behoort aan Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae.”
© 2021 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Goedkeuring vir vertaling: 6/19. Vertaling van die Monthly Friend Message, October 2021. Afrikaans. 17474 501