2022
Help die Armes en Noodlydendes—Uittreksels
November 2022


Maandelikse Liahona-boodskap, November 2022

Help die Armes en Noodlydendes

Uittreksels

Beeld
Oaks data-poster quote

Baie welsyns en humanitêre diens aan ons medemens word onderrig en beoefen deur Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae en deur ons as sy lede. Ons vas byvoorbeeld aan die begin van elke maand en dra ten minste die ekwivalent van die maaltye wat nie geëet word nie by om behoeftiges in ons eie gemeentes te help. Die Kerk lewer ook enorme bydraes vir humanitêre en ander dienste regoor die wêreld.

Ten spyte van alles wat ons Kerk direk doen, word die meeste humanitêre diens aan die kinders van God wêreldwyd uitgevoer deur persone en organisasies wat geen formele verbintenis met ons Kerk het nie. …

Die Kerk van Jesus Christus is daartoe verbind om diegene in nood te dien, en dit is ook daartoe verbind om saam te werk met ander in daardie poging. …

Moderne openbaring leer dat ons Saligmaker, Jesus Christus, “die ware lig is wat elke mens wat die wêreld binnekom, verlig” [Leer en Verbonde 93:2]. Hierdeur word al die kinders van God verlig om Hom te dien na die beste van hul kennis en vermoë. …

… Meer van ons behoort die goeie wat ander gedoen het te erken en dit te ondersteun as ons die tyd en middele het om dit te doen. …

Ek getuig van Jesus Christus, wie se lig en Gees al die kinders van God lei om die armes en noodlydendes regoor die wêreld te help.

Druk