Vriend
Volg Christus
November 2024


Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, November 2024

Volg Christus

Uittreksels

familie wat saam sit

Filippyne

Om Christus te volg is nie ʼn toevallige of af en toe praktyk nie. Dit is ʼn voortdurende toegewydheid en lewenswyse wat ons te alle tye en op alle plekke moet lei. Sy leringe en sy voorbeeld bepaal die pad vir elke dissipel van Jesus Christus. …

Die gebooie van God verskaf die rigtinggewende en bestendige krag in ons lewens. …

Nog een van ons Saligmaker se leringe blyk die herbeklemtoning in die omstandighede van ons dag te vereis.

Dit is ʼn tyd van baie fel en kwetsende woorde in openbare kommunikasie en soms selfs in ons families. …

Wat moet volgelinge van Christus leer en doen in hierdie tyd van toksiese kommunikasie? Wat was sy leringe en voorbeelde? …

… Ons moet almal liefhê en aan almal goed doen. Ons moet onenigheid vermy en vredemakers wees in al ons kommunikasie. Dit beteken nie om ons beginsels en prioriteite te kompromiteer nie, maar om op te hou om ander fel aan te val vir hulle s’n. Dit is wat ons Volmaakte Rolmodel in sy bediening gedoen het. Dit is die voorbeeld wat Hy vir ons gestel het toe Hy ons genooi het om Hom te volg. …

As volgelinge van Christus leer en getuig ons van Jesus Christus, ons Volmaakte Rolmodel. Laat ons Hom dus volg deur onenigheid te laat vaar. Terwyl ons ons voorkeurbeleide in openbare optrede nastreef, laat ons kwalifiseer vir sy seëninge deur die taal en metodes van vredemakers te gebruik. Laat ons in ons families en ander persoonlike verhoudings vermy wat fel en haatlik is.