Vroue Besoek Boodskap, Maart 2016
Ons is in die beeld van God geskape.
Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om te weet wat om te deel. Hoe sal ’n begrip van “ Die familie: ’n Aankondiging aan die Wêreld ”jou geloof in God versterk en diegene seën oor wie jy as vroue besoeker, waak? Vir meer inligting, gaan na reliefsociety.lds.org
“En God het gesê: Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis. …
“En God het die mens geskape na Sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape” (Genésis 1:26–27).
God is ons Hemelse Vader en Hy het ons in Sy ewebeeld geskape. President Thomas S. Monson, het van hierdie waarheid gesê: “God ons Vader het ore waarmee Hy ons gebede hoor. Hy het oë waarmee Hy ons dade sien. Hy het ’n mond waarmee Hy met ons praat. Hy het ’n hart waarmee Hy vir ons, sagmoedigheid en liefde voel. Hy is ’n werklikheid. Hy leef. Ons is Sy kinders, in Sy ewebeeld geskape. Ons lyk soos Hy, en Hy lyk soos ons.”1
“Heiliges van die Laaste Dae, sien alle mense as kinders van God, in ’n volle en volmaakte sin; hulle is van mening dat elke persoon goddelike oorsprong, aard en potensiaal het.”2 “Elkeen is ’n geliefde geestes seun of dogter van hemelse ouers.”3
“[Die Profeet] Joseph Smith het ook geleer dat God begeer dat Sy kinders dieselfde tipe verhewe bestaan sal ontvang, waarin Hy deel.”4 God het gesê, “Want kyk, dit is my werk en my heerlikheid —om die ontsterflikheid en die ewige lewe van die mens te weeg te bring”(Moses 1:39).
Addisionele Skrifgedeeltes
Uit die Geskrifte
Die broer van Jared in die Boek van Mormon, het vir ’n manier gesoek, om die agt bote , wat ontwerp is om die Jarediete oor die waters na die beloofde land te neem, te verlig. Hy “het uit ’n rots sestien klein klippies gesmelt” en gebid dat God “hierdie klippies” met Sy finger sou aanraak “sodat hulle mag skyn in die duisternis.” En God het “Sy hand uitgesteek en die klippe een vir een aangeraak.” En die sluier is weggeneem vanaf die oë van die broer van Jared, en hy het die vinger van die Here gesien; en dit was soos die vinger van ’n mens. …
“En die Here het aan hom gesê: Glo jy die woorde wat Ek sal spreek?
En hy het geantwoord: Ja, Here.”
En “die Here het Hom aan [die broer van Jared] getoon en gesê, ”Sien jy dat jy geskape is na my eie beeld? Ja, selfs alle mense is geskape in die begin na my eie beeld.” Sien Et-her 3:1–17.)
© 2016 deurIntellectual Reserve, Inc. Alle regte voorbehou. Gepubliseer in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/15. Vertalings goedkeuring: 6/15. Vertaling van Visiting Teaching Message, March 2016. Afrikaans. 12863 501