Eerste Presidentskap Boodskap, Maart 2016
“Leer van My”
In Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae is ons almal leeraars en leerlinge. Aan almal kom hierdie liewe uitnodiging, van ons Here af: “Leer van My … en julle sal rus vind vir julle siele.”1
Ek nooi alle Heiliges van die Laaste Dae uit, om hulle pogings om te leer en te onderrig, te oorweeg en om te leer om na die Verlosser te kyk, as ons Gids in hierdie werk. Ons weet dat hierdie “leraar van God af”2 meer as net ’n leraar was. Hy wie ons geleer het om die Here lief te hê, met ons hele hart, hele siel, al ons mag, en ons hele verstand, en om ons naaste soos onsself lief te hê, is die Meester Leraar en die Voorbeeld van die perfekte lewe.
Hy het verklaar: “Kom volg my.”3 “Ek het ’n voorbeeld gestel vir julle.”4
Tensy Julle Bekeer Word
Jesus het ons ’n eenvoudige, tog, diepgaande waarheid geleer, soos in Matthéüs aangeteken. Nadat Hy en Sy dissipels van die Berg van Gedaanteverandering af gekom het, het hulle in Galilea gerus en toe na Kapernaum gereis. Daar het die dissipels na Jesus gekom en Hom gevra:
“Wie is almagtigste in die koninkryk van die hemele?
“En Jesus roep ’n kindjie na Hom en laat hom in hul midde staan,
“En Hy sê: Voorwaar Ek se vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie.”5
In die Kerk is die doel van evangelie leer, nie om inligting in die verstand van God se kinders in te dompel nie, of by die huis, in die klaskamer, of in die sending veld nie. Dit is nie om te wys hoe baie die ouer, onderwyser of sendeling weet nie. Nog minder is dit net om meer kennis van die Verlosser of Sy Kerk op te neem nie.
Maar dit is eerder om die seuns en dogters van Hemelse Vader te help, om na Sy teenwoordigheid terug te keer en die ewige lewe saam met Hom te geniet. Om dit te doen, moet evangeliese leringe hulle aanmoedig om die daaglikse pad van dissipelskap en heilige geloftes, te loop. Die doel is om individue aan te moedig om self te dink, oor die beginsels van die evangelie, hoe hulle daaroor voel en dan iets daaromtrent te doen. Die doel is om geloof in die Here Jesus Christus te ontwikkel en om tot Sy evangelie bekeer te word.
Onderrig wat lewens seën en tot bekering bring en red, is onderrig wat die Verlosser se voorbeeld naboots. Leraars wie die Verlosser se voorbeeld volg, sal diegene wie hulle leer, lief hé en dien. Hulle inspireer hulle luisteraars met ewige lesse van goddelike waarhede. Hulle lewe, lewens wat waardig is, om na te boots.
Liefde en Diens
Die Here se hele bediening was ’n voorbeeld van naaste liefde. Waarlik, Sy liefde en diens aan andere, was dikwels Sy les. Op soortgelykke wyse, was die onderwysers wie ek die beste onthou, diegene, wie hulle studente geken het, lief gehad het, en opreg vir hulle omgegee het. Hulle het die verlore skaap gesoek. Hulle het lewens lesse geleer, wat ek altyd sal onthou.
Een so ’n onderwyseres, was Lucy Gertsch. Sy het elkeen van haar studente geken. Sy het altyd daardie studente geskakel, wie ’n Sondag les gemis het, of wie net nie gekom het nie. Ons het geweet dat sy vir ons omgegee het. Nie een van ons het haar, of haar lesse ooit vergeet nie.
Baie jare later, toe Lucy aan die einde van haar lewe gekom het, het ek haar besoek. Ons het gesels oor daardie dae, so lank gelede, toe sy ons onderwyser was. Ons het oor elke lid van ons klas gesels en oor wat elkeen nou mee besig was. Haar liefde en besorgtheid, het oor ’n leeftyd gestrek.
Ek is so lief vir die Here se aanmaning wat in die Leer en Verbonde gevind kan word:
“En ek gee julle ’n gebod, dat julle mekaar in die leer van die koninkryk sal onderrig.
“Leer julle ywerig, en my genade sal julle vergesel.”6
Lucy Gertsch het met toewyding geleer, want sy het ons lief gehad.
Offer Hoop en Waarheid
Die Apostel Petrus het raad gegee, “Wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is.”7
Dalk is die grootste hoop wat ’n onderwyser kan offer, die hoop wat in die waarhede van die evangelie van Jesus Christus, gevind kan word.
“En wat is dit waarvoor julle hoop?” Het Mormon gevra. “Kyk ek sê aan julle dat julle hoop sal hê deur die versoening van Christus en die krag van sy opstanding, om opgewek te word tot die ewige lewe, en dit vanweë julle geloof in Hom.”8
Onderwysers, verhef julle stemme en getuig van die ware natuur van die Godheid. Verklaar julle getuienis van die Book van Mormon. Leer die glorierykke en pragtige waarhede wat ons in die plan van saligheig vind. Gebruik materiale wat deur die Kerk goedgekeur is, veral die geskrifte, om die waarhede van die gerestoureerde evangelie van Jesus Christus, in hul eenvoudigheid en suiwerheid, te leer. Onthou die Here se opdrag om “die geskrifte te ondersoek; omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is die wat van my getuig.”9
Help God se kinders om te verstaan wat opreg en belangrik is, in hierdie lewe. Help hulle om die krag te ontwikkel om die paaie te kies, wat hulle veilig op die weg na die ewige lewe sal hou.
Leer waarheid, en die Heilige Gees sal julle in julle pogings ondersteun.
“Leer van My”
Omdat Jesus perfek was in Sy gehoorsaamheid en onderdanigheid aan Sy Vader, het Hy “toegeneem in wysheid en statuur, en in guns met God en die mense.”10 Het ons die toewyding om dieselfde te doen? Net soos Jesus “genade op genade”11 ontvang het, moet ons ook met geduld, aanhou om lig en kennis van God af te ontvang, in ons strewe om die evangelie te leer.
Om te luister, is ‘n noodsaaklike element van leer. Wanneer ons voorberei om die evangelie te leer, moet ons deur gebed, na die leiding en inspirasie van die Heilige Gees soek, om die waarhede aan ons te bevestig. Ons peins, ons bid, en ons pas die evangelie lesse in ons lewens toe, en ons soek die Vader se wil vir ons.12
Jesus het, “baie dinge geleer deur gelykenisse,”13 Wat vereis dat ons ore het wat hoor, oë wat sien en harte het wat verstaan. Soos wat ons waardig leef, kan ons die fluisteringe van die Heilige Gees, beter hoor, wat “[ons] alles leer, en bring alles aan ons herinnering”14
Wanneer ons op die Here se liefdevolle uitnodiging, “Leer van My” reageer, ontvang ons van Sy goddelike krag. Laat ons dan voortgaan, in die gees van gehoorsaamheid, om Sy voorbeeld te volg, en om self te leer soos Hy wil hê dat ons moet leer, en om andere te onderrig soos wat hy wil hê dat ons hulle moet onderrig.
© 2016 deur Intellectual Reserve, Inc. Alle regte voorbehou. Gepubliseer in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/15. Vertalings goedkeuring: 6/15. Vertaling van First Presidency Message, March 2016. Afrikaans. 12863 501.