2017
Profete om Ons te Lei
September 2017


Eerste Presidentskap Boodskap, September 2017

Profete om Ons te Lei

ʼn Paar jaar gelede, het ek in ʼn kamer in die Salt Lake Tempel gesit waar die Eerste Presidentskap en die Kworum van die Twaalf Apostels eenmaal per week ontmoed. Ek het na die muur gestaar wat teenoor die plek is waar die Eerste Presidentskap sit, en het daar portrette gesien van elkeen van die presidente van die kerk.

Terwyl ek na hulle gestaar het, my voorgangers—vanaf die Prefeet Joseph Smith (1805-44) tot en met President Gordon B. Hinkley (1910-2008)—het ek gedink, “Ek is dankbaar vir die leiding van elkeen.”

Hierdie is edel manne wat nooit gewankel het nie, nooit getwyfel het nie, en nooit misluk het nie. Hierdie is manne van God. Soos wat ek aan hedendaagse profete dink wat ek geken het, ek hulle lewens herroep, hul karaktertrekke, en hul geïnspireerde leerstellings.

President Heber J. Grant (1856–1945) was die President van die Kerk toe ek gebore was. Soos wat ek nagedink het oor sy lewe glo ek ʼn karakter eienskap wat hy altyd getoon het was dié van volharding—volharding van alles wat goed en edel is.

President George Albert Smith (1870–1951) was die President van die Kerk toe ek as biskop van my wyk in Salt Lake City gedien het. Hy het opgemerk dat daar ʼn groot tou-trek is wat tussen die Here en die duiwel bestaan. “As jy aan die Here se kant van die lyn bly,” het hy geleer, “sal jy onder sy invloed wees en sal jy geen begeerte toon om kwaad te doen nie.”1

Ek was geroep om as ʼn lid van die Kworum van die Twaalf Apostels te dien in 1963 deur President David O. McKay (1873–1970). Deur sy leefwyse het hy bedagsaamheid teenoor ander geleer. “Ware Christenskap,” het hy gesê, “is liefde in aksie.”2

President Joseph Fielding Smith (1876–1972), een van die Kerk se aktiefste skrywers, het geleerdheid as ʼn gids in sy lewe gehad. Hy het die skrifture onophoudelik gelees en was so bekend met die leerstellings en evangeliese beginsels wat daarin bevat word soos niemand anders wat ek geken het nie.

President Harold B. Lee (1899–1973) het as my pen president gedien toe ek ʼn seuntjie was. Een van sy gunsteling aanhalings was “Staan julle dus in heilige plekke en moet nie wankel nie.”3 Hy het die heiliges aangemoedig om ingeskakel te wees tot, en te reageer op die vleisteringe van die Heilige Gees.

Ek glo dat ʼn leidende beginsel in die lewe van President Spencer W. Kimball (1895–1985) toewyding moet wees. Hy was heeltemal, en onvergelykbaar toegewy aan die Here. Hy was ook toegewy aan sy lewe van die evangelie.

Toe President Ezra Taft Benson (1899–1994) die President van die Kerk geword het, het hy my geroep om as sy Tweede Kanselier in die Eerste Presidentskap te dien. Liefde was sy leidende begunsel, wat hy verpersoonlik het in sy gunsteling aanhaling, wat deur die Verlosser geuiter was: “watter soort manne behoort julle te wees? Voorwaar, Ek sê aan julle, net soos Ek is.”4

President Howard W. Hunter (1907–95) was een wat altyd vir die beste in ander gesoek het. Hy was altyd beleefd; en was altyd nederig. Dit was my voorreg om as sy Tweede Kanselier te dien.

President Gordon B. Hinckley het ons geleer om altyd ons beste te doen. Hy het kragtig getuig aangaande die Verlosser en Sy sending. Hy het ons met liefde geleer. Om as sy Eerste Kanselier te dien was vir my beide ʼn eer en ʼn seëning.

Die Verlosser stuur profete omdat Hy lief is vir ons. Gedurende die Oktober algemene konverensie, sal Algemene Gesaghebbendes weereens die voorreg hê om Sy woord met ons te deel. Ons nader hierdie verantwoordelikheid met groot plegtigheid en nederigheid.

Ons is so geseënd dat die herstelde Kerk van Jesus Christus op die aarde is en dat die Kerk gebou is op die vondasie van openbaring. Aanhoudende openbaring is die lewensbloed van die evangelie van Jesus Christus.

Mag ons voorberei om die persoonlike openbaring te ontvang wat in oorvloed tydens algemene konferensie kom. Mag ons harte met diepe vasberadenheid gevul word soos ons ons hande oplig om die lewende profete en apostels te ondersteun. Mag ons verlig, opgelig, vertroos, en sterk gemaak word terwyl ons na hulle boodskappe luister. En mag ons gereed wees om onsself weereens aan die Here Jesus Christus—Sy evangelie en Sy werk—te verbind, en om met hernude voorneme om Sy gebooie te onderhou en Sy wil na te kom.

Notas

  1. Leringe van die Presidente van die Kerk: Joseph F. Smith(2011), 191.

  2. Leerstellinge van die Presidente van die Kerk: David O. Mckay (2003), 181.

  3. Leer en Verbonde 87:8.

  4. 3 Nefi 27:27.