Vroue Besoek-boodskap, September 2017
Een van Hart
Bestudeer hierdie materiaal biddend en vra om inspirasie om te weet wat om te deel. Hoe sal ʼn begrip van die doel van die Verligtingsvereniging dogters van God help om voor te berei vir die seëninge van die ewige lewe?
“En die Here het sy volk SION genoem, omdat hulle een van hart was en een van sin en in opregtheid geleef het; en daar was geen armes onder hulle nie” (Moses 7:18). Hoe kan ons een word?
Ouderling M. Russell Ballard van die Kworum van die Twaalf Apostels het gesê: “In die hart van die Engelse woord atonement is die woord een. As die mensdom dit verstaan, sal daar nooit weer enige iemand wees waaroor ons nie besorg sou wees nie, nieteenstaande hulle ouderdom, ras, geslag, of sosiale of ekonomiese status. Ons sal strewe om die Verlosser na te aap en sal nooit weer onvriendelik, onpartydig, oneerbiedig of onsensitief wees teenoor ander nie.”1
President Henry B. Eyring, Eerste Kanselier in die Eerste Presidentskap, het geleer: “Waar mense die Gees met hulle het, mag hulle eenheid ervaar. … Die Gees van God veroorsaak nooit tweespalt nie (sien 3 Nefi 11:29). …“Dit lei tot persoonlike vrede en ʼn gevoel van eenheid teenoor andere.”2
Pratend aangaande familie uitdagings, het Carole M. Stephens, wat as Eerste Kanselier in die Verligtings Vereeninging Algemene Presidentskap gedien het, gesê: “Ek hoef nog nooit deur ʼn egskeiding te gaan nie, die pyn en onsekerheid wat gepaard gaan met verlatenheid, of die verantwoordelikheid wat gepaard gaan om ʼn enkel moeder te wees nie. Ek het nog nooit die dood van ʼn kind, onvrugbaarheid, of selfde geslag-aantrekking ervaar nie. Ek hoef nog nooit mishandeling, kroniese siekte, of verslawing ervaar het nie. Hierdie was nie my groei geleenthede nie.
“… Maar deur my persoonlike toetse en beproewing … het ek goed bekend geraak met die Een wat dit wel verstaan …En boonop, het ek al die aardse toetse wat ek nou net opgenoem het, ervaar deur die lens van ʼn dogter, moeder, ouma, sister, tannie, en vriend.
“Ons geleentheid as verbonds-houdende dogters van God is nie net om deur ons eie ervaringe te leer nie; maar dit is om te vereenig in meëgevoel en medelyde soos wat ons ander lede van die familie van God ondersteun tydens hulle worstelinge.”3
Bykomende Skrifture en Inligting
Johannes 17:20–23; Efesiërs 4:15; Mosia 18:21–22; 4 Nefi 1:15;
© 2017 deur Intellectual Reserve, Inc. Alle regte voorbehou. Gedruk in VSA. Engelse goedkeuring: 6/17. Vertalingsgoedkeuring: 6/17. Vertaling van Visiting Teaching Message, September 2017. Afrikaans. 97929 501