2021
Die Priesterskap van God
Augustus 2021


“Die Priesterskap van God,” Vir die Krag van die Jeug, Aug. 2021, 20–21.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Augustus 2021.

Die Priesterskap van God

Leer en Verbonde 84

Wat elke jongman en jongdame behoort te weet omtrent die priesterskap en hulle verbintenis daarmee.

Beeld
jeug

Het jy al ooit agtergekom hoe verwarrend dit kan wees wanneer een woord op twee maniere gebruik word? Byvoorbeeld, in Engels verwys die woord earth (aarde) na beide die planeet waarop ons woon en die grond onder ons voete. Beide is korrek, maar wat jy bedoel wanneer jy die term gebruik, hang af van waaroor jy op die oomblik praat. Om dit nog meer verwarrend te maak, wanneer die woord earth ons planeet beteken, sluit dit ook die idee van grond in, want grond is op die planeet.

Definisie van die Term Priesterskap

Een term wat ons op twee maniere in die Kerk gebruik is priesterskap. Die term verwys na die algehele mag en gesag van God. Ons gebruik egter ook priesterskap op ʼn meer beperkte manier—om te verwys na “die mag en gesag wat God aan geordineerde priesterskapdraers gee om in alle dinge te handel wat noodsaaklik is vir die heil van God se kinders.”1

Die priesterskap wat aan die mens toegeken is, is nie ál God se mag nie. Die volgende tabel illustreer hierdie punt.

In hierdie tabel sien jy ʼn paar voorbeelde van God se mag, wat oneindig is en geen perke het nie. Daarin sien jy ook voorbeelde van die mag en gesag van God se priesterskap wat Hy toeken aan, of gee aan, waardige mans om in Christus se Kerk te funksioneer.

Voorbeelde van Priesterskapsgesag in Jou Lewe

Al die seёninge van die priesterskap is beskikbaar aan al Hemelse Vader se geliefde dogters en seuns. Die tweede lys verteenwoordig bloot daardie seëninge wat na jou kom deur iemand wat die priesterskapsleutels hou of aan wie priesterskapsgesag toegeken is.

Dit is die orde wat God gevestig het vir die organisasie en administrasie van sy Kerk op die aarde. Ander voorbeelde van God se priesterskapsgesag sluit in ʼn diakens- of leraarskworumpresident wat sleutels het om die werk van sy kworum te rig, ʼn vader se seëning wat in die huis gegee word, en tempelordinansies en verbonde.

Mans, Vroue, en die Priesterskap

Alhoewel ordinering tot ʼn priesterskapsamp slegs aan mans gegee word, het President Dallin H. Oaks, Eerste Raadgewer in die Eerste Presidensie, ʼn belangrike beginsel verduidelik: “Die priesterskap is ʼn goddelike mag en gesag wat in trust gehou word om gebruik te word vir God se werk tot die voordeel van al sy kinders. Priesterskap is nie diegene wat tot ʼn priesterskapsamp geordineer is of diegene wat die gesag daarvan uitoefen nie. Mans wat die priesterskap hou, is nie die priesterskap nie. … Ons moet nie na geordineerde mans verwys as die priesterskap nie.2

Alhoewel vroue nie tot die priesterskap geordineer word nie, het President Russell M. Nelson verduidelik: “wanneer jy afgesonder word om in ʼn roeping te dien onder die leiding van iemand wat priesterskapsleutels hou … word jy priesterskapsgesag gegee om in daardie roeping te funksioneer.”3 ʼn Paar voorbeelde hiervan sluit in Jongdamesklaspresidensies, suster sendelinge wat die evangelie verkondig, leiers in wyke en penne wat afgesonder is om te onderrig en lei, en ordinansiewerkers in die tempel.

Priesterskapsmag Seën Almal

Die seëninge wat julle jongmans en jongdames ontvang is julle s’n deur die verbonde wat julle tydens die doop sluit en die verbonde wat julle in die tempel sal sluit. Selfs al het jy nie ʼn priesterskapsdraer in jou huis nie, kan jy steeds geseën word met God se priesterskapsmag in jou lewe wanneer jy die verbonde onderhou wat jy met Hom gesluit het (sien 1 Nefi 14:14).

Wanneer ons ooreenkomstig ons verbonde lewe, ontvang ons seëninge wat ons versterk en seën. Ons nooi jou om die seëninge van die priesterskap in jou lewe te bepeins—die seëninge wat kom vanweë God se eindelose priesterskapsmag en dié wat kom spesifiek deur die priesterskapsmag wat toegeken is en gedelegeer word in God se Kerk.

Notas

  1. Dale G. Renlund en Ruth Lybbert Renlund, The Melchizedek Priesthood: Understanding the Doctrine, Living the Principles (2018), 11.

  2. Dallin H. Oaks, “The Melchizedek Priesthood and the Keys,” April 2020 algemene konferensie (Ensign of Liahona, Mei 2020, 69).

  3. President Russell M. Nelson, “Spiritual Treasures,” Okt. 2019 algemene konferensie (Ensign of Liahona, Nov. 2019, 78).

Druk