2022
Gelei deur Lewende Profete
September 2022


“Gelei deur Lewende Profete,” Liahona, Sept. 2022.

Maandelikse Liahona-boodskap, September 2022

Gelei deur Lewende Profete

Beeld
Kerkleiers voor die Christus standbeeld

Profete is manne wat deur Hemelse Vader geroep is om namens Hom te praat. Hulle getuig van Jesus Christus en onderrig sy evangelie. Lede van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae glo in beide antieke en moderne profete.

God Spreek deur Profete

Profete ontvang openbaring van God. Wanneer profete geïnspireer word om ons te leer, is dit dieselfde asof God met ons praat (sien Leer en Verbonde 1:38). Ons kan vertrou dat hulle ons vertel wat God wil hê ons moet weet.

Beeld
Mormon met goue plate

Mormon Abridging the Plates [Mormon Verkort die Plate], deur Tom Lovell

Profete Leer van Jesus Christus

Alle profete getuig van Jesus Christus. Hulle leer ons dat Hy die Seun van God is. Hulle leer ons oor sy lewe, voorbeeld en Versoening. En hulle wys ons hoe om Hom te volg en sy gebooie te gehoorsaam.

Verantwoordelikhede van Profete

Profete onderrig die evangelie van Jesus Christus. Hulle verduidelik die seëninge wat ons ontvang wanneer ons die gebooie gehoorsaam en die gevolge wat ons kry as ons dit nie doen nie. Soms kan hulle geïnspireer word om ons van toekomstige gebeure te vertel.

Beeld
Moses met kliptafels

Moses and the Tablets [Moses en die Kliptafels], deur Jerry Harston

Antieke Profete

God het mense van die begin af deur profete geleer. Profete wat in die Ou Testamentiese tye geleef het sluit Adam, Noag, Abraham, Moses, Jesaja en ander in. Daar was ook profete onder die Boek van Mormon volke. Hierdie profete het Lehi, Mosia, Alma en Moroni ingesluit. Ons kan leer wat hulle onderrig het deur die skrifture te lees.

Moderne Profete

Joseph Smith was die eerste profeet in moderne tye. Hy het die Kerk van Jesus Christus op die aarde herstel. Russell M. Nelson is die profeet en President van die Kerk vandag. Sy raadgewers in die Eerste Presidensie en die Twaalf Apostels is ook profete, sieners en openbaarders.

Beeld
paartjie wat konferensie op ʼn foon kyk

Luister na die Profeet

Die profeet praat met ons gedurende algemene konferensie en op ander tye. Hy leer ons wat God wil hê ons moet weet en hoe om Jesus Christus vandag te volg. Ons kan sy leringe in die Liahona vind en by ChurchofJesusChrist.org.

Seëninge deur die Profeet te Volg

Ons sal geseën word as ons die profeet se leringe volg. Wanneer ons die profeet volg, kan ons weet dat ons doen wat God wil hê ons moet doen. Ons kan vrede in ons lewens voel en nader aan Jesus Christus kom.

Druk