2023
Geloof in Jesus Christus
April 2023


“Geloof in Jesus Christus,” Liahona, Apr. 2023.

Maandelikse Liahona-boodskap, April 2023

Geloof in Jesus Christus

Beeld
profiel van Jesus

Jesus Christ [Jesus Christus], deur Harry Anderson

Om geloof in Jesus Christus te hê is die eerste beginsel van die evangelie (sien Geloofsartikels 1:4). Ons geloof sal ons help om keuses te maak wat ons terug na ons Hemelse Vader sal lei. Ons kan daaraan werk om ons geloof regdeur ons lewens te versterk.

Beeld
kinders en jeugdiges wat rondom ʼn boek vergader

Wat Is Geloof?

Geloof is ʼn vaste oortuiging of vertroue in iets. Om geloof te hê sluit in om te hoop vir en te glo in dinge wat waar is, selfs wanneer ons dit nie kan sien of dit heeltemal kan verstaan nie (sien Hebreërs 11:1; Alma 32:21).

Beeld
portret van Jesus Christus

Detail van Christ and the Rich Young Ruler [Christus en die Ryk Jongman], deur Heinrich Hofmann

Geloof Gesentreer in Jesus Christus

Om ons tot heil te lei, moet ons geloof gesentreer wees in Jesus Christus as ons Saligmaker en Verlosser. Om geloof in Christus te hê beteken om vertroue in Hom te hê. Dit beteken om volkome op Hom staat te maak—te vertrou in sy krag, intelligensie en liefde. Dit sluit ook in om te glo en sy leringe te volg.

Beeld
paartjie wat die skrifture bestudeer

Verhoging van Ons Geloof

Geloof is ʼn gawe van God, maar ons moet dit soek en daaraan werk om dit sterk te hou. Ons kan ons geloof verhoog deur te bid en die skrifture en leringe van profete van die laaste dae te bestudeer. Ons versterk ook ons geloof soos ons regverdig leef en ons verbonde onderhou.

Lewe deur Geloof

Geloof is baie meer as net om te glo. Dit sluit in om op daardie oortuiging op te tree. Ons wys ons geloof in die manier waarop ons leef. Geloof in Jesus Christus motiveer ons om sy volmaakte voorbeeld te volg. Ons geloof lei ons om die gebooie te gehoorsaam, ons van ons sondes te bekeer en verbonde te sluit en te onderhou.

Beeld
Jesus genees ʼn blinde man

Geloof Kan tot Wonderwerke Lei

Ware geloof bring wonderwerke wat visioene, drome, genesings en ander gawes wat van God kom, kan insluit. Die skrifture bevat baie stories van mense wat wonderwerke van God ontvang het vanweë hul geloof in Hom. Sien “Wonderwerk” in die Gids tot die Skrifture vir voorbeelde.

Geloof Kan Vrede Bring

Om geloof in God en sy heilsplan te hê, kan ons versterk tydens ons uitdagings. Geloof kan ons krag gee om vorentoe te beur en ons ontberings met moed tegemoet te gaan. Selfs wanneer die toekoms onseker lyk, kan ons geloof in die Saligmaker ons vrede gee.

Beeld
vader wat sy kind vashou terwyl hulle na ʼn skildery van Jesus kyk

Geloof in Jesus Christus Lei tot Heil

Om geloof in Christus te beoefen, sal tot ons heil lei. Christus het die weg vir ons voorberei om die ewige lewe te ontvang. As ons deur ons geloof in Hom lewe, kan ons van ons sondes vergewe word en terugkeer om weer saam met God te lewe.

Druk