“Maak Jou Hart Oop vir die Heilige Gees,” Vir die Krag van die Jeug, Apr. 2023.
Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, April 2023
Maak Jou Hart Oop vir die Heilige Gees
Uit ʼn April 2018 algemene konferensie praatjie.
Tydens hierdie Paasseisoen dank ek Hemelse Vader vir die gawe van sy Geliefde Seun, wat vrywillig na die aarde gekom het om ons Verlosser te wees. Ek is dankbaar om te weet dat Hy vir ons sondes versoen het en in die Opstanding herrys het. Ek is elke dag geseënd om te weet dat ek, as gevolg van sy Versoening, eendag opgewek kan word om vir ewig in ʼn liefdevolle familie te leef.
Ek wéét daardie dinge deur die enigste manier waarop enigeen van ons dit kán weet. Die Heilige Gees het tot my verstand en hart gespreek dat dit waar is—nie net een keer nie, maar dikwels.
Ons het die onskatbare belofte van die Heilige Gees as ʼn metgesel. Ons verpligting is om te kies om ons harte oop te maak om voortdurend geestelike leiding en vertroosting deur die Heilige Gees oor ʼn leeftyd te ontvang.
Die eerste keuse is om nederig te wees voor God.
Die tweede is om te bid met geloof in die Here Jesus Christus.
Die derde is om presies te gehoorsaam.
En die vierde is om te bid om die behoeftes en harte van ander te weet en hoe om hulle vir die Here te help.
Ek bid met my hele hart dat julle die stem van die Gees sal hoor, wat so mildelik aan julle gestuur word. En ek bid dat julle altyd julle harte sal oopmaak om die Gees te ontvang, dat julle die vreugde kan hê om Hom altyd saam met julle as jul metgesel te hê.
© 2023 deur Intellectual Reserve, Inc. Alle regte voorbehou. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Goedkeuring vir vertaling: 6/19. Vertaling van Monthly For the Strength of Youth Message, April 2023. Language. 19006 501