2023
Die Heilige Gees Kan Ons Help
Junie 2023


“Die Heilige Gees Kan Ons Help,” Liahona, Junie 2023.

Maandelikse Liahona-boodskap, Junie 2023

Die Heilige Gees Kan Ons Help

Beeld
man wat na ʼn sonsopkoms sit en kyk

Die Heilige Gees is die derde lid van die Godheid. Die skrifture verwys ook na Hom as die Gees, die Heilige Gees, of die Trooster. Soos ons leer om na sy stem te luister, sal Hy vir ons van Jesus Christus getuig, en ons die waarhede van die evangelie help leer.

Lid van die Godheid

Hemelse Vader, Jesus Christus, en die Heilige Gees is die Godheid. Hulle het ons lief en werk in eendrag om die heilsplan teweeg te bring. Hoewel Hemelse Vader en Jesus Christus ʼn liggaam van vlees en been het, het die Heilige Gees nie. Hy is ʼn gees.

Beeld
gebrandskilderde glas-beeld van die Vader en die Seun

Getuig van die Vader en die Seun

Die Heilige Gees “getuig van die Vader en die Seun” (2 Nefi 31:18). Dit beteken ons kan deur die Heilige Gees ʼn getuienis van Hemelse Vader en Jesus Christus ontvang.

Getuig van die Waarheid

Die Heilige Gees getuig van alle waarheid. Hy sal ons help om te weet dat die evangelie—insluitend die heilsplan, God se gebooie, die Herstelling en die Versoening van Jesus Christus—waar is. Hy sal ons getuienis versterk wanneer ons aanhou bid, die gebooie onderhou en die evangelie bestudeer.

Beeld
hand wat ʼn kompas vashou

Lei en Beskerm Ons

Die Heilige Gees kan ons in ons besluite lei, en ons teen fisiese en geestelike gevaar beskerm. Indien ons bid en probeer doen wat reg is, sal Hy ons help om antwoorde op ons vrae te kry. Hy sal ons altyd lei “om goed te doen” (Leer en Verbonde 11:12).

Vertroos Ons

Soms word daar na die Heilige Gees as “die Trooster” verwys (Johannes 14:26). Wanneer ons bekommerd, hartseer of bang is, kan Hy ons “met hoop en volmaakte liefde” vul (Moroni 8:26). Wanneer Hy ons help om God se liefde te voel, kan ons moedeloosheid oorkom en in ons beproewinge versterk word.

Die Gawe van die Heilige Gees

Nadat ons gedoop is, ontvang ons die gawe van die Heilige Gees in ʼn ordinansie genaamd bevestiging. Sodra ons hierdie gawe ontvang het, kan ons die voortdurende geselskap van die Heilige Gees hê solank ons ​​regverdig lewe.

Beeld
vrou wat die skrifture lees

Illustrasie deur J. Kirk Richards

Hoe Ons die Heilige Gees Hoor

Die Heilige Gees kommunikeer op verskillende maniere met mense. Dit kan vreedsame, vertroostende gevoelens of insigte oor wat om te sê of doen insluit. Wanneer ons om leiding bid en vir sy influisteringe luister, kan ons leer hoe Hy met ons praat.

Druk