2023
Die Eerste Nagmaal
Junie 2023


“Die Eerste Nagmaal,” Vriend, Junie 2023, 46–47.

Maandelikse Vriend-boodskappe, Junie 2023

Skriftuurstories

Die Eerste Nagmaal

Beeld
Jesus sit saam met sy Apostels aan tafel

Illustrasies deur Apryl Stott

Voor Hy gesterf het, het Jesus Christus en sy Apostels bymekaargekom. Hy het vir hulle die nagmaal gegee.

Beeld
Jesus wat brood vashou

Jesus het brood gebreek en dit vir hulle gegee. Hy het hulle gevra om dit te eet om hulle te help onthou dat Hy sy lewe vir hulle gegee het.

Beeld
Jesus hou ʼn beker vas

Toe het Jesus vir hulle ʼn beker gegee. Hy het hulle gevra om daaruit te drink. Dit sou hulle ook help om Hom te onthou.

Beeld
Vroeë Christene wat die nagmaal gebruik

Selfs toe Jesus nie meer by sy Apostels was nie, het die nagmaal hulle gehelp om aan Hom te dink. Hulle kon sy liefde voel en onthou om die gebooie te onderhou.

Inkleurbladsy

Ek Kan die Nagmaal Gebruik

Beeld
Seun wat die nagmaal gebruik

Illustrasie deur Apryl Stott

Wanneer ek die nagmaal gebruik, kan ek Jesus en sy liefde vir my onthou.

Druk