2023
Die Deel van die Evangelie van Jesus Christus
Julie 2023


“Die Deel van die Evangelie van Jesus Christus,” Liahona, Julie 2023.

Maandelikse Liahona-boodskap, Julie 2023

Die Deel van die Evangelie van Jesus Christus

Beeld
jong dame met skrifture oop op haar skoot

Wanneer ons dink aan die seëninge wat ons ontvang omdat ons lede van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae is, wil ons die evangelie deel met diegene wat ons liefhet. Ons kan ons getuienisse van die waarheid deel deur ons woorde en ons voorbeeld. Ons kan bid vir inspirasie om te weet met wie om te deel en wat om te sê.

Beeld
Jesus reik uit na ʼn invalide man

Wees Lief vir Ander

ʼn Belangrike part van die deel van die evangelie is om ander lief te hê. Wanneer ons ons liefde aan ander betoon deur Christelike optrede, deel ons Jesus Christus se evangelie—soms sonder om ʼn woord te sê. En wanneer ander weet dat ons werklik vir hulle omgee, is hulle dalk meer ontvanklik om ons gedagtes oor die evangelie te hoor. (Sien Gary E. Stevenson, “Love, Share, Invite,” Liahona, Mei 2022, 84–87.)

Deel op Normale en Natuurlike Maniere

Ons kan dit wat ons liefhet van die evangelie deel. Wanneer ons dit as deel van ons alledaagse lewens doen, sal dit nie moeilik of ongemaklik wees nie. Ons kan byvoorbeeld met ons familie en vriende gesels oor wat ons Sondag doen. Of ons kan hulle vertel van die vreugde wat ons voel wanneer ons ander dien. (Sien Dieter F. Uchtdorf, “Missionary Work: Sharing What Is in Your Heart,” Liahona, Mei 2019, 15–18.)

Nooi Ander Uit om By Ons Aan te Sluit

Ons kan ander nooi om meer omtrent die evangelie te leer. Ons kan hulle byvoorbeeld nooi om na ʼn Kerkvergadering of aktiwiteit te kom, die Boek van Mormon te lees, na ʼn kerkvideo te kyk of die sendelinge te ontmoet. Hierdie ervarings kan hulle help om die Gees te voel en meer te wil leer.

Beeld
twee ouer vroue wat sit en gesels

Vra oor Hul Ervaring

Nadat vriende en familielede kerk toe gekom het of ʼn les by die sendelinge gehad het, kan ons hulle uitvra oor hul ervaring. Sommige leringe van die evangelie kan vir hulle nuut wees, sodat ons vrae wat hulle het, kan beantwoord. Ons kan ons liefde en ondersteuning wys vir hulle pogings om na Christus te kom.

Voeg by Hulle Oortuigings

Ons waardeer en respekteer ander se oortuigings, en ons probeer byvoeg tot die geloof wat hulle reeds het. Byvoorbeeld, ʼn vriend wat vertroosting in Bybelskrifture gevind het, kan ook troos vind in leringe wat ons uit die Boek van Mormon deel.

Beeld
jong dames help ʼn ouer dame om die straat oor te steek

Help Nuwe Kerklede

Wanneer mense by die Kerk aansluit, kan ons help om hulle geloof te versterk. Ons kan hul vriend wees, hul vrae beantwoord en hulle ondersteun wanneer hulle roepings ontvang. Ons kan hulle aanmoedig om aan te hou om Jesus Christus te volg en meer omtrent sy evangelie te leer.

Beeld
twee sendelinge en ʼn man kyk saam na ʼn foon

Dien ʼn Voltydse Sending

Benewens die deel van die evangelie in ons alledaagse lewe, kan Kerklede geroep word om as voltydse sendelinge te dien. As hulle voorbereid is, kan jong mans so vroeg as die ouderdom van 18 dien. Jongdames en ouer volwassenes kan ook dien. Jy kan meer inligting vind by ChurchofJesusChrist.org/callings/missionary.

Druk