2023
Sorg vir Diegene wat Behoeftig is
September 2023


“Sorg vir Diegene wat Behoeftig is,” Liahona, Sept. 2023.

Maandelikse Liahona-boodskap, September 2023

Sorg vir Diegene wat Behoeftig is

Beeld
Jesus wat mense genees

He Healed Many of Diverse Diseases [Hy het Allerlei Soorte Siektes Genees], deur J. Kirk Richards, mag nie gekopieer word nie

As lede van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, volg ons die Here se lering om te sorg vir diegene wat behoeftig is. Ons gee om vir ander deur hulle te dien, hulle te help om self-onderhoudend te word en om te deel wat ons het.

Jesus Christus se Voorbeeld

Jesus Christus het vir diegene om Hom liefgehad, vertroos en gebid. Hy “het die land deurgegaan, [en] goed gedoen” (Handelinge 10:38). Ons kan sy voorbeeld volg deur diegene om ons lief te hê, te vertroos, te dien en vir hulle te bid. Ons kan altyd maniere soek om ander te help.

Beeld
twee mense wat loop

Bediening

Die woord bediening word in die skrifture en in die Here se Kerk gebruik om te beskryf hoe ons vir mekaar omgee. Priesterskaphouers word aan elke individu of familie in die wyk of tak as bedieningsbroers toegewys. Bedieningsusters word aan elke volwasse vrou toegewys. Bedieningsbroers en -susters verseker dat alle Kerklede onthou word en dat daar vir hulle gesorg word.

Beeld
mense wat besig is om saailinge te plant

Help Ander om Self-onderhoudend te Word

Ons kan familielede en vriende help om self-onderhoudend te word deur hulle aan te moedig om langtermynoplossings vir hul probleme te vind. Ons kan hulle dan ondersteun terwyl hulle aan hul doelwitte werk. Vind meer inligting oor self-onderhouding in die Augustus 2023 Liahona Gospel Basics article [Evangeliese Basiese Beginsels artikel].

Om Ander Te Dien

Daar is baie maniere waarop ons diegene om ons kan dien en help om in hul tydelike, geestelike en emosionele behoeftes te voorsien. Om omtrent ander te leer, kan ons help om te weet hoe ons hulle beter kan dien. Ons kan ook bid vir leiding om te weet wat ons kan doen om te help.

Beeld
mense wat vrugte bymekaar maak

Om Te Deel Wat Ons Het

Ons kan ander dien deur te deel waarmee God ons geseën het. Ons kan byvoorbeeld ruimhartige vasofferandes gee of skenk aan die Kerk se Humanitêre Hulpfonds. Ons kan ook in ons gemeenskap en ons Kerk-roepings dien.

Kerkleiers se Pligte

Die biskop hou toesig oor die versorging van diegene wat behoeftig is. Hy kan geld van vasofferandes gebruik om lede wat behoeftig is te help. Ander leiers, insluitend sy raadgewers en die Verligtingsverenigings- en ouderlingskworumpresidensies, help lede om hulpbronne te vind wat hulle kan gebruik om in hul behoeftes te voorsien.

Kerk Humanitêre Pogings

Die Kerk help mense regoor die wêreld met noodreaksie, gemeenskapsprojekte en ander programme soos skoon water en inentings. Om meer te leer, sien Dallin H. Oaks, “Helping the Poor and Distressed,” Liahona, Nov. 2022, 6–8.

Druk