2023
Die Koninkryke van Heerlikheid
November 2023


Maandelikse Liahona-boodskap, Mei 2023

Die Koninkryke van Heerlikheid

Uittreksels

Beeld
alt text

Madagaskar

Die geopenbaarde leerstelling van die herstelde Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae leer dat al die kinders van God—met uitsonderings té beperk om hier in ag te neem—uiteindelik een van drie koninkryke van heerlikheid sal beërwe, waarvan selfs die minste “alle begrip oortref” [Leer en Verbonde 76:89]. …

Nog ʼn unieke leer en praktyk van die herstelde Kerk is die geopenbaarde gebooie en verbonde wat aan al die kinders van God die heilige voorreg bied om vir die hoogste graad van heerlikheid in die selestiale koninkryk te kwalifiseer. Daardie hoogste bestemming—verheerliking in die selestiale koninkryk—is die fokus van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. …

… In die “selestiale” heerlikheid is daar drie vlakke, waarvan die hoogste verheffing in die selestiale koninkryk is. …

God se plan, gegrond op die ewige waarheid, vereis dat verheerliking slegs bereik kan word deur getrouheid aan die verbonde van ʼn ewige huwelik tussen ʼn man en ʼn vrou in die heilige tempel, welke huwelik uiteindelik vir al die gelowiges beskikbaar sal wees. .…

Die Finale Oordeel is nie net ʼn evaluering van ʼn somtotaal van goeie en bose dade—wat ons gedoen het nie. Dit is gebaseer op die finale effek van ons dade en gedagtes—wat ons geword het. Ons kwalifiseer vir die ewige lewe deur ʼn proses van bekering. …

As gevolg van Jesus Christus en sy Versoening, wanneer ons tekort skiet in hierdie lewe, kan ons ons bekeer en weer aansluit by die verbondspad wat lei na wat ons Hemelse Vader vir ons begeer.

Druk