2023
Ons Voortdurende Metgesel
November 2023


Maandelikse Liahona-boodskap, Mei 2023

Ons Voortdurende Metgesel

Uittreksels

Beeld
alt text

Ons het, en jy sal, die voortdurende metgeselskap van die Heilige Gees nodig hê. Ons begeer dit, maar ons weet uit ondervinding dat dit nie maklik is om te bereik nie. Elkeen van ons dink, sê en doen dinge in ons daaglikse lewens wat die Gees aanstoot kan gee.

Wanneer dit gebeur, soos dit sal, mag ons die afkeer van die Here voel. En ons mag in die versoeking kom om te voel ons is alleen. …

As jy sukkel om die Heilige Gees te voel, kan jy bepeins of daar enigiets is waarvan jy jou kan bekeer en vergifnis kan ontvang. Jy kan met geloof bid om te weet wat om te doen om gereinig te word en sodoende ʼn bietjie meer kwalifiseer vir daardie voortdurende metgeselskap van die Heilige Gees.

As jy die metgeselskap van die Heilige Gees wil ontvang, moet jy dit om die regte redes wil hê. Jou doel moet die Here se doel wees. As jou motiewe té selfsugtig is, sal jy dit moeilik vind om die prikkelings van die Gees te ontvang en aan te voel.

Die sleutel vir my en vir jou is om te wil hê wat die Saligmaker wil hê. Ons motiewe moet gedryf word deur die suiwer liefde van Christus. …

… Die Heilige Gees word gestuur na die getroue verbondslede van die Kerk van Jesus Christus. Nou, jou ervarings sal uniek wees, en die Gees sal lei op dié manier wat die beste pas by jou geloof en vermoë om openbaring te ontvang vir jou en vir diegene wat jy liefhet en dien. Ek bid met my hele hart dat jou vertroue sal groei.

Druk