2023
Voorbereiding om die Tempel by te Woon
Desember 2023


“Voorbereiding om die Tempel by te Woon,” Liahona, Des. 2023.

Maandelikse Liahona-boodskap, Desember 2023

Voorbereiding om die Tempel by te Woon

Beeld
mense wat na Ogden Utah-tempel toe stap

Foto van Ogden Utah-tempel deur Mark Brunson

In tempels van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae kan ons heilige verbonde en ordinansies vir onsself en ons voorouers ontvang. Ons woon die tempel by om ons liefde en dankbaarheid vir Hemelse Vader en Jesus Christus te toon. Ons kan voorberei om die tempel by te woon deur die evangelie van Jesus Christus te leer en uit te leef. Vir meer inligting oor tempels, sien die Gospel Basics [Grondbeginsels van die Evangelie]-artikel “Tempelwerk” in die Oktober 2021 uitgawe van die Liahona.

Beeld
woorde aan die buitekant van Durban Suid-Afrika-tempel

Foto van Durban Suid-Afrika-tempel deur Matthew Reier

Die Huis van die Here

Tempels word die “huis van die Here” genoem. Dit is heilige plekke waar ons God se Gees en sy liefde vir ons kan voel. Dit is ook plekke waar ons verbonde kan sluit en spesiale ordinansies kan ontvang wat ons sal voorberei om die ewige lewe te ontvang. (Verbonde is heilige beloftes tussen God en sy kinders.) Om getrou aan ons verbonde te wees en hierdie ordinansies te ontvang, help ons om ʼn spesiale verhouding met Hemelse Vader en Jesus Christus te hê.

Beeld
jeug wat buite die Guayaquil Ecuador-tempel staan

Foto van Guayaquil Ecuador-tempel deur Janae Bingham

Wie Kan die Tempel Bywoon?

Kerklede kan doop vir die dode doen aan die begin van die jaar wat hulle 12 word. ʼn Lid kan die begiftiging ontvang indien hy of sy ten minste 18 is, vir ten minste een jaar ʼn lid van die Kerk is en verlang om tempelverbonde te sluit en te onderhou (sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 27.2.2, ChurchofJesusChrist.org). ʼn Man en ʼn vrou wat alreeds hul tempelbegiftiging ontvang het, kan vir die ewigheid in die tempel verseёl (in die huwelik bevestig) word.

Verbonde en Ordinansies

Jy sal verbonde sluit en ordinansies ontvang in die tempel. “Die aangaan van ʼn verbondsverhouding met God bind ons aan Hom op ʼn manier wat alles omtrent die lewe makliker maak” (Russell M. Nelson, “ Oorwin die Wêreld en Vind Rus,” Liahona, Nov. 2022, 97). ʼn Ordinansie is ʼn heilige fisiese daad wat deur die gesag van die priesterskap uitgevoer word. Ordinansies het diep geestelike betekenis. Wanneer jy byvoorbeeld deelneem aan ʼn ordinansie, toon jy aan God dat jy gewillig is om sy verbonde te ontvang en te onderhou.

Persoonlike Voorbereiding

Berei geestelik voor deur Jesus Christus se leringe te volg en die verbonde wat jy tydens die doop met God gesluit het, te onderhou. Jy kan ook Kerkhulpbronne soos skrifture en algemene konferensie praatjies bestudeer. Temples.ChurchofJesusChrist.org verskaf inligting oor wat om te verwag wanneer jy die tempel bywoon. Dit bevat ook meer inligting oor tempelverbonde, ordinansies en simboliek.

Beeld
buitekant van Nauvoo Illinois-tempel

Foto van Nauvoo Illinois-tempel deur Eve Tuft

Simboliek

Die Here onderrig dikwels deur simbole te gebruik. Die doop byvoorbeeld—om onder die water te gaan en weer op te kom—is soos jou ou self wat sterf en jou nuwe self wat weer gebore word (sien Romeine 6:3–6). Tempelverbonde rig na Jesus Christus en sy Versoening. Dit mag moeilik wees om al die simboliek te verstaan die eerste keer wat jy die tempel bywoon, maar jy kan voortgaan om te leer soos jy regdeur jou lewe na die tempel terugkeer.

Tempelaanbeveling

Om die tempel binne te gaan, moet jy voorbereid en waardig wees. Jy kan ʼn aanbeveling ontvang om die tempel binne te gaan ná ʼn onderhoud met jou biskop of takpresident en met die pen- of sendingpresident. Hierdie leiers sal ʼn stel vrae vra om seker te maak dat jy die evangelie van Jesus Christus uitlewe. Jou leiers kan voor die tyd oor hierdie vrae met jou praat.

Keer Terug na die Tempel vir Jou Voorouers

Hemelse Vader wil hê dat al sy kinders verbonde met Hom moet sluit en heilige ordinansies ontvang. Hierdie ordinansies, soos die doop en die begiftiging, moet in die tempels gedoen word vir diegene wat gesterf het sonder om die evangelie te ontvang. Jy kan na die tempel terugkeer om ordinansies vir jou afgestorwe familielede te doen.

Druk