Liahona
Verbonde en Verantwoordelikhede
Mei 2024


Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Mei 2024

Verbonde en Verantwoordelikhede

Uittreksels

Beeld
alt text

Filippyne

ʼn Verbond is ʼn verbintenis om sekere verantwoordelikhede te vervul. Persoonlike verbintenisse is noodsaaklik vir die regulering van ons individuele lewens en vir die funksionering van die samelewing. …

Toe die tyd aangebreek het vir die Herstelling van die volheid van die evangelie van Jesus Christus, het God ʼn profeet, Joseph Smith geroep. … [Die Boek van Mormon] is die Herstelling se hoofbron vir die volheid van die evangelie, insluitend God se plan vir sy kinders, en die Boek van Mormon is gevul met verwysings na verbonde. …

Verbonde was fundamenteel in die Herstelling van die evangelie. Dit is duidelik in die vroegste stappe wat die Here die Profeet beveel het om te neem om sy Kerk te organiseer. …

Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae bou tempels regoor die wêreld. Hulle doel is om die verbondskinders van God te seën met tempelaanbidding en met die heilige verantwoordelikhede en magte en unieke seëninge om aan Christus verbind te wees, wat hulle deur die verbond ontvang.

Die Kerk van Jesus Christus is bekend as ʼn kerk wat die sluit van verbonde met God beklemtoon. Verbonde is ʼn belangrike deel van die ordinansies van heil en verheffing wat deur die herstelde Kerk bedien word. Die ordinansie van die doop en die verbonde wat daarmee gepaard gaan, is vereistes vir toelating tot die selestiale koninkryk. Die ordinansies en gepaardgaande verbonde van die tempel is vereistes vir verheffing in die selestiale koninkryk, wat die ewige lewe is, “die grootste van al die gawes van God” [Leer en Verbonde 14:7]. Dit is die fokus van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae.

Druk