Liahona
Alles Sal Wel Wees Vanweë Tempelverbonde
Mei 2024


Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Mei 2024

Alles Sal Wel Wees Vanweë Tempelverbonde

Uittreksels

Beeld
alt text

VSA

Broers en susters, ek getuig nederig dat wanneer ons die tempel bywoon, kan ons herinner word aan die ewige aard van ons geeste, ons verhouding met die Vader en sy goddelike Seun, en ons belangrikste begeerte om na ons hemelse huis terug te keer. …

Onder President Nelson se geïnspireerde leierskap, het die Here die bou van tempels regoor die wêreld verhaas en sal voortgaan om dit te verhaas. Dit sal al God se kinders die geleentheid gee om die ordinansies van heil en verheffing te ontvang en om heilige verbonde te sluit en te onderhou. …

Gereelde deelname aan die ordinansies van die tempel kan ʼn patroon van toewyding aan die Here skep. Wanneer julle jul tempelverbonde onderhou en dit onthou, nooi julle die metgeselskap van die Heilige Gees uit om julle te versterk en julle te reinig. …

Dit is deur die verseëlingsverbonde in die tempel dat ons die versekering van liefdevolle familieverbindings kan ontvang wat ná die dood sal voortduur en tot in ewigheid sal hou. Die eerbiediging van huweliks- en gesinsverbonde wat in tempels van God gesluit word, sal beskerming teen die boosheid van selfsugtigheid en trots bied. …

Beproewings, uitdagings en hartseer sal sekerlik oor ons almal kom. Nie een van ons is immuun teen “dorings van die vlees” nie [sien 2 Korinthiërs 12:7–10]. Tog, terwyl ons die tempel bywoon en ons verbonde onthou, kan ons voorberei om persoonlike leiding van die Here te ontvang. …

My liewe broers en susters, ek getuig dat daar niks belangriker is as die eerbiediging van die verbonde wat julle in die tempel gesluit het of mag sluit nie.

Druk