“God Bevry Alma en Amulek,” Vriend, Junie 2024, 26–27.
Maandelikse Vriend-boodskap, Junie 2024
God Bevry Alma en Amulek
Alma en Amulek het na ʼn stad genaamd Ammoniha gegaan. Hulle het mense omtrent Jesus Christus onderrig. Maar die mense was kwaad oor wat hulle onderrig het. Hulle het Alma en Amulek in die gevangenis gesit.
Die mense het Alma en Amulek seergemaak. Hulle was vir baie dae in die gevangenis.
Alma en Amulek het gebid en vir krag gevra. Hulle het geloof in God gehad. Hy het hulle krag gegee om die toue aan hul polse te breek.
Toe het die aarde geskud. Die mure van die gevangenis het omgeval! God het gehelp om Alma en Amulek te bevry. Hulle het Ammoniha verlaat om ander mense van Jesus Christus te onderrig.
© 2024 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gepubliseer in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, June 2024. Afrikaans. 19289 501