“Die Jong Krygers,” Vriend, Augustus 2024, 26–27.
Maandelikse Vriend-boodskap, Augustus 2024
Die Jong Krygers
Die mense vir wie Ammon en sy broers geleer het, wou Jesus Christus volg. Hulle het hulle wapens begrawe en God belowe dat hulle nooit weer sou veg nie.
Maar gou moes hulle hul families beskerm. Die vaders wat hulle wapens begrawe het, wou nie hulle belofte met God verbreek nie. Hulle seuns het voorberei om in hul plek te veg. Hulle is die tweeduisend jong krygers genoem.
Die jong krygers het nog nooit voorheen in ʼn oorlog geveg nie. Maar hulle moeders het hulle help voorberei en hulle geleer om God te vertrou.
Hulle het Helaman gekies om hulle leier te wees. Hulle was dapper, en God het hulle gehelp. Almal het seergekry, maar hulle het mekaar gehelp. God het hulle geloof geëer, en hulle het almal geleef!
© 2024 deur Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, August 2024. Afrikaans. 19290 501