“Jesus het Een vir Een Geseën,” Vriend, Oktober 2024, 26–27.
Maandelikse Vriend-boodskap, Oktober 2024
Jesus het Een vir Een Geseën
Profete het die Nefiete geleer oor die tekens van Jesus Christus se dood. Toe Hy sterf, was daar duisternis in die land vir ʼn tydperk van drie dae. Die mense het later die stem van Hemelse Vader gehoor wat vanuit die hemel praat.
Hemelse Vader het gesê: “Kyk, my geliefde Seun” (3 Nefi 11:7). Jesus het aan die Nefiete verskyn. Hy is opgewek! Hy het die Nefiete baie dinge geleer. Hy het vir hulle gesê om te bekeer en Hom te volg.
Hy het die mense gevra om diegene wat siek is na Hom te bring om genees te word. Hy het hulle geseën.
Hy het ook ál die kinders een vir een geseën. Engele het die kinders omring.
© 2024 by Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, October 2024. Afrikaans. 19291 501