Handleidings en Roepings
8. Ouderlingskworum


“8. Ouderlingskworum,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“8. Ouderlingskworum,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Beeld
mans wat praat

8.

Ouderlingskworum

8.1

Doel en Organisasie

8.1.1

Doel

Waardige mans van 18 jaar en ouer kan die Melgisédekse Priesterskap ontvang en tot die amp van ouderling geordineer word. ʼn Man wat tot daardie amp geordineer is, sluit ʼn heilige verbond om God by te staan in die uitvoering van sy werk (sien Leer en Verbonde 84:33–44).

8.1.2

Lidmaatskap in die Ouderlingskworum

Elke wyk het ʼn ouderlingskworum. Dit sluit die volgende broers in:

  • Alle ouderlinge in die wyk.

  • Alle voornemende ouderlinge in die wyk (sien 8.4).

  • Alle hoëpriesters in die wyk, behalwe dié wat huidiglik in die penpresidensie, in ʼn bisdom, op ʼn hoëraad of as ʼn patriarg dien.

ʼn Jong man mag die ouderlingskworumvergaderings begin bywoon wanneer hy 18 word, selfs al is hy nog nie as ʼn ouderling geordineer nie. Teen ouderdom 19 of wanneer hy uit die huis trek, soos om ʼn universiteit by te woon of ʼn sending te dien, moet hy as ʼn ouderling geordineer word as hy waardig is.

Getroude mans onder 18 is voornemende ouderlinge en is ook lede van die ouderlingskworum.

8.2

Deelname aan die Werk van Heil en Verheffing

8.2.1

Uitlewing van die Evangelie van Jesus Christus

8.2.1.2

Evangeliese Leer in Kworumvergaderings

Vergaderings word op die tweede en vierde Sondae van die maand gehou. Dit duur 50 minute. Die ouderlingskworumpresidensie beplan hierdie vergaderings. ʼn Lid van die presidensie lei die vergaderings.

Kworumvergaderings fokus op onderwerpe van een of meer praatjies van die mees onlangse algemene konferensie.

8.2.1.3

Aktiwiteite

Ouderlingskworumpresidensies kan aktiwiteite beplan. Die meeste aktiwiteite word op ander tye as op Sondae of Maandagaande gehou.

8.2.2

Sorg vir Diegene wat Behoeftig is

8.2.2.1

Bediening

Lede van die ouderlingskworum ontvang bedieningsopdragte van die kworumpresidensie. Vir meer inligting, sien hoofstuk 21.

8.2.2.2

Korttermynbehoeftes

Bedieningsbroers poog om die behoeftes van diegene wat hulle dien, te verstaan en daarop te reageer. Lede mag korttermynhulp benodig in tye van siekte, geboortes, sterftes, werksverlies en ander omstandighede.

Wanneer dit nodig is, vra bedieningsbroers die ouderlingskworumpresidensie om hulp.

8.2.2.3

Langtermynbehoeftes en Self-onderhouding

Soos gekoördineer deur die biskop, help die ouderlingskworum- en Verligtingsverenigingspresidensies lede met langtermynbehoeftes en self-onderhouding.

Die ouderlingskworumpresident, Verligtingsverenigingspresident of ʼn ander leier help die persoon of familie om ʼn Self-Reliance Plan [Self-onderhoudingsplan] te ontwikkel. Bedieningsbroers of -susters kan ook met die plan help.

8.2.2.4

Wanneer ʼn Lid in die Wyk Sterf

Wanneer ʼn lid in die wyk sterf, bied die ouderlingskworum en Verligtingsvereniging se presidensies troos en hulp. Hulle kan onder die biskop se leiding help met die begrafnis.

Vir meer inligting, sien 38.5.8.

8.2.3

Nooi Almal om die Evangelie te Ontvang

Die ouderlingskworumpresident wys ʼn lid van die presidensie aan om lidsendingwerk in die wyk te help lei. Hy werk saam met die aangewysde lid van die Verligtingsverenigingspresidensie om hierdie pogings te koördineer.

Sien 23.5.1 en 23.5.3.

8.2.4

Verenig Families vir die Ewigheid

Die ouderlingskworumpresident wys ʼn lid van die presidensie aan om tempel- en familiegeskiedeniswerk in die wyk te help lei. Hy werk saam met die aangewysde lid van die Verligtingsverenigingspresidensie om hierdie pogings te koördineer.

Sien 25.2.2.

8.3

Ouderlingskworumleiers

8.3.1

Penpresidensie en Biskop

Die ouderlingskworumpresident is direk verantwoordelik aan die penpresidensie. Hy vergader gereeld met ʼn lid van die presidensie om leiding te ontvang en verslag te doen oor sy verantwoordelikhede.

Die ouderlingskworumpresident ontvang ook leiding van die biskop wat die presiderende leier in die wyk is. Hulle vergader gereeld.

8.3.2

Hoëraadslid

Die penpresidensie wys ʼn hoëraadslid aan om hulle in elke ouderlingskworum te verteenwoordig. Sy verantwoordelikhede word in 6.5 uiteengesit.

8.3.3

Ouderlingskworumpresidensie

8.3.3.1

Roeping van ʼn Ouderlingskworumpresidensie

Na raadpleging met die biskop, roep die penpresident ʼn ouderling of hoëpriester om as die ouderlingskworumpresident te dien.

As die eenheid groot genoeg is, beveel die ouderlingskworumpresident een of twee ouderlinge of hoëpriesters by die penpresident aan om as sy raadgewers te dien.

8.3.3.2

Verantwoordelikhede

Die ouderlingskworumpresident het die volgende verantwoordelikhede. Sy raadgewers staan hom by.

  • Dien in die wyksraad.

  • Lei die kworum se pogings om deel te neem aan die werk van heil en verheffing (sien hoofstuk 1).

  • Organiseer en hou toesig oor die diens van bedieningsbroers.

  • Beraadslaag met volwasse lede van die wyk onder leiding van die biskop.

  • Koördineer die ouderlingskworum se pogings om jong volwasse broers, beide enkellopend en getroud, te versterk.

  • Vergader ten minste een keer per jaar individueel met elke kworumlid.

  • Leer kworumlede hul priesterskapspligte (sien Leer en Verbonde 107:89). Dit sluit in om hulle te leer hoe om hul priesterskap uit te oefen in die uitvoering van ordinansies en seëninge.

  • Hou toesig oor kworumrekords, verslae en finansies (sien LCR.ChurchofJesusChrist.org).

8.3.3.3

Presidensievergadering

Die ouderlingskworumpresidensie en sekretaris vergader gereeld. Die president lei hierdie vergaderings. Die hoëraadslid wat toegewys is aan die kworum woon periodiek by.

Die agenda kan die volgende items insluit:

  • Beplan hoe om kworumlede (insluitend voornemende ouderlinge) en hul gesinne te versterk.

  • Koördineer sendingwerk en tempel- en familiegeskiedeniswerk.

  • Reageer op opdragte van wyksraadsvergaderings.

  • Hersien inligting uit bedieningsonderhoude.

  • Dink aan broers om in roepings en opdragte te dien.

  • Beplan kworumvergaderings en aktiwiteite.

8.3.4

Sekretaris

Met die biskop se goedkeuring kan ʼn lid van die ouderlingskworumpresidensie ʼn kworumlid roep om die kworumsekretaris te wees.

8.4

Help Voornemende Ouderlinge om Voor te Berei om die Melgisédekse Priesterskap te Ontvang

ʼn Voornemende ouderling is ʼn manlike Kerklid wat nie die Melgisédekse Priesterskap ontvang het nie en (1) 19 of ouer is of (2) jonger as 19 is en getroud is.

Om voornemende ouderlinge te help om voor te berei om die Melgisédekse Priesterskap te ontvang, is een van die hoogste prioriteite van die kworumpresidensie.

Druk