Handleidings en Roepings
Gebruik van Seleksies uit die Algemene Handleiding


“Gebruik van Seleksies uit die Algemene Handleiding,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023)

“Gebruik van Seleksies uit die Algemene Handleiding,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

Gebruik van Seleksies uit die Algemene Handleiding

Seleksies uit die Algemene Handleiding is ʼn samestelling van die belangrikste instruksies uit die volledige General Handbook: Serving in The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints [Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae]. Dit is vir leiers wat:

  • Nog nie toegang het tot die volledige handboek in hul voorkeurtaal nie.

  • Kan baat vind by ʼn verkorte weergawe van die Algemene Handleiding.

Die hoofstuk-, afdeling- en onderafdelingnommering wat gebruik is in Seleksies uit die Algemene Handleiding stem ooreen met die nommering in die volledige Algemene Handleiding. Dit laat maklike kruisverwysing en vergelyking tussen hulle toe.

Die nommering in Seleksies uit die Algemene Handleiding sal soms die nommers van afdelings of onderafdelings in die volledige handleiding oorslaan. Dit is omdat hierdie verkorte handleiding slegs die belangrikste inhoud uit die volledige handleiding behou.

Alhoewel Seleksies uit die Algemene Handleiding antwoorde bied op baie van leiers se gereelde vrae, sal leiers waarskynlik ʼn paar vrae hê wat dit nie aanspreek of ten volle beantwoord nie. In sulke gevalle kan leiers verwys na die volle Algemene Handleiding as dit beskikbaar is in ʼn taal wat hulle kan gebruik. Leiers kan ook met hul onmiddellike presiderende gesag beraadslaag vir leiding.

Mag God jou seën waar jy saam met Hom werk in die werk van heil en verheffing vir sy kinders.

Die Eerste Presidensie en die Kworum van die Twaalf Apostels

Druk