Handleidings en Roepings
0. Inleidende Oorsig


“0. Inleidende Oorsig,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“0. Inleidende Oorsig,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

0.

Inleidende Oorsig

0.0

Inleiding

Die Here het geleer: “Laat elkeen sy plig leer, en om in die amp waarin hy aangestel is, in alle ywerigheid op te tree” (Leer en Verbonde 107:99). As ʼn leier in die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, moet jy persoonlike openbaring soek om jou te help om die pligte van jou roeping te leer en te vervul.

Die bestudering van die skrifture en die leringe van profete van die laaste dae sal jou help om jou pligte te verstaan en te vervul. Wanneer jy die woorde van God bestudeer, sal jy meer ontvanklik wees vir die invloed van die Gees (sien Leer en Verbonde 84:85).

Jy leer ook jou pligte deur die instruksies in hierdie handleiding te bestudeer. Hierdie instruksies kan help om openbaring te ontvang as dit gebruik word om begrip te kry van die beginsels, beleide en prosedures wat toegepas moet word terwyl jy die leiding van die Gees soek.

0.1

Die Handleiding

Algemene Handleiding: Diens in die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae verskaf leiding vir algemene en plaaslike Kerkleiers.

Die opskrifte en subopskrifte in hierdie handleiding is genommer om onderwerpe maklik te vind en na te verwys. Byvoorbeeld, instruksies oor wie in ʼn tempel verseël mag word, word in 27.3.1 gegee. Die nommer 27 verwys na die hoofstuk, die nommer 3 verwys na ʼn afdeling in daardie hoofstuk, en die nommer 1 verwys na ʼn subafdeling.

0.2

Aanpassing en Opsionele Hulpbronne

Nie alle penne en wyke het dieselfde behoeftes nie.

Leiers soek inspirasie oor watter riglyne en opsionele hulpbronne om te gebruik om in die lede se behoeftes te voorsien.

0.4

Vrae oor Instruksies

Wanneer daar vrae is wat nie in die skrifture, die woorde van die lewende profete, of hierdie handleiding aangespreek word nie, moet Kerklede op hulle verbonde met God, die raad van hulle plaaslike leiers, en die inspirasie van die Gees steun vir leiding.

As leiers vrae het oor inligting in hierdie handleiding of oor sake wat dit nie aanspreek nie, beraadslaag hulle met hulle direkte presiderende gesag.

0.5

Terminologie

Behalwe waar anders aangedui word:

  • Die terme biskop en bisdom in hierdie handleiding verwys ook na takpresidente en takpresidensies. Die terme penpresident en penpresidensie verwys ook na distrikspresidente en distrikspresidensies. Vir ʼn opsomming van hoe die gesag van distrikspresidente verskil van dié van penpresidente, sien 6.3.

  • Verwysings na wyke en penne is oor die algemeen ook van toepassing op takke, distrikte, en sendings.

  • Verwysings na Sondag is van toepassing op watter dag ook al die Sabbat plaaslik gehou word.

  • Die term eenheid verwys na wyke en takke.

  • Verwysings na ouers is oor die algemeen ook van toepassing op wettige voogde.

Die roepings van biskop en takpresident is nie gelykstaande in gesag en verantwoordelikheid nie, ook nie die roepings van penpresident en distrikspresident nie. Die biskop is ʼn amp in die priesterskap, en ordinering word slegs deur die Eerste Presidensie gemagtig. Penpresidente word deur Algemene Gesagsdraers en Area Sewentigs geroep.

0.6

Kontak die Kerkhoofkwartier of die Areakantoor

Sommige hoofstukke in hierdie handleiding sluit instruksies in om die Kerkhoofkwartier of die areakantoor te kontak. Die instruksie om die Kerkhoofkwartier te kontak is van toepassing op diegene in die Verenigde State en Kanada. Die instruksie om die areakantoor te kontak is van toepassing op diegene buite die Verenigde State en Kanada.

Druk